Green Connection betreur onbillike energie-oorgang

Loading player...
Green Connection en Natural Justice sê die stryd om te verseker dat Suid-Afrika na 'n billike energie- en ekonomiese toekoms oorskakel, is steeds 'n opdraande stryd. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vroeër vandeesmaand die regering se goedkeuring van TotalEnergies se blok-boorplanne aan die kus tussen Kaapstad en Kaap Agulhas omvergewerp. Shahil Singh van Green Connection sê hulle het gedetailleerde besware ingedien teen Main Street 1549 se konsepverslag oor omgewings- en sosiale impakstudies vir nog 'n voorgestelde olie- en gasopname aan die kus:
27 Aug 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Billike indiensneming onder loep voor kommissie

Die Kommissie vir Billike Indiensneming het vanoggend tweedaagse openbare verhore afgeskop waar 15 maatskappye gedaag is om te antwoord op mislukkings en tekortkominge in die nakoming van wetlike vereistes rakende billike indiensneming in Namibië. Rauha Haufika, die adjunkvoorsitter van die kommissie, beklemtoon die belangrikheid van nakoming van regstellende aksie en…
21 Jan 8AM 1 min

VN-hoof boos oor Israel wat UNRWA-gebou sloop

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres het die sloping van die UNRWA-hoofkwartier in Oos-Jerusalem in Israel veroordeel. Die sloping volg op 'n wet wat die bedrywighede van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge verbied. Israel het langdurige probleme met UNRWA, beskuldig die instelling dat hy Hamas help en eis dat…
21 Jan 8AM 1 min

Cosatu steun afdwinging van pensioenfondsbydraes-betaling

Die vakverbond Cosatu verwelkom die regering se aksie om arbeidsinspekteurs in staat te stel om die betaling van werknemers se pensioenfondsbydraes af te dwing. Arbeidsinspekteurs kan nou seker maak pensioenfondsbydraes wat van werkers se salarisse afgetrek word, asook werkgewers se bydraes, word binne sewe dae aan die betrokke fondse oorbetaal…
21 Jan 7AM 1 min

Skotland kies 40 spelers vir Sesnasiesreeks

Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, het 40 spelers aangewys vir die Sesnasiesreeks, met Sione Tuipulotu as kaptein. Dit bestaan uit 23 voorspelers en 17 agterspelers, met Jonny Gray en Dave Cherry wat terugkeer. Freddy Douglas en Liam McConnell is twee van sewe spelers wat nog in slegs enkele toetse…
21 Jan 7AM 1 min

Wissel gewasse af

Monokultuur, veral onder bestaansboere, kan oor die langtermyn nadelig wees vir grondgehalte en produksie. Dit kan ook peste vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur vir akkerbou by Agribank gepraat wat meer inligting gee oor die kwessie en die skade wat dit kan berokken.
21 Jan 5AM 1 min