Moenie jaag nie, wees bedagsaam op paaie!

Loading player...
Swaar verkeer word landwyd verwag terwyl Namibië Heldedag herdenk. Die Namibiese polisie doen 'n beroep op alle padgebruikers om versigtigheid, geduld en verantwoordelikheid te beoefen terwyl hulle op die paaie is. Adjunk-kommissaris Rozario Coetzee het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om reisreëlings vooraf te tref om potensiële vertragings wat veroorsaak word deur verhoogde verkeersvolumes en moontlike verkeersopeenhopings te vermy.
25 Aug 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonoom meen US dollar sal weer styg in 2026

Die Amerikaanse president Donald Trump se pogings om beheer oor Groenland oor te neem, het beleggers wêreldwyd geskud, met aandelemarkte en die Amerikaanse dollar wat getuimel het na sy jongste dreigemente oor die gebied. Die Amerikaanse dollar, tradisioneel 'n veilige hawe vir beleggers gedurende periodes van wisselvalligheid op die aandelemark,…
21 Jan 9AM 1 min

Geskorste Katima Mulilo uitvoerende hoof veg terug

Die skorsing van die uitvoerende hoof van die Katima Mulilo-dorpsraad, Raphael Liswaniso, het in 'n regstryd ontaard, met sy prokureurs wat aanvoer dat die proses onwettig, ongemagtig en prosedureel gebrekkig is. Sleutelkwessies sluit in 'n onbepaalde skorsing sonder betaling, die afwesigheid van 'n geldige raadsbesluit, beweerde onwettige aanstellings van dissiplinêre…
21 Jan 9AM 1 min

Billike indiensneming onder loep voor kommissie

Die Kommissie vir Billike Indiensneming het vanoggend tweedaagse openbare verhore afgeskop waar 15 maatskappye gedaag is om te antwoord op mislukkings en tekortkominge in die nakoming van wetlike vereistes rakende billike indiensneming in Namibië. Rauha Haufika, die adjunkvoorsitter van die kommissie, beklemtoon die belangrikheid van nakoming van regstellende aksie en…
21 Jan 8AM 1 min

VN-hoof boos oor Israel wat UNRWA-gebou sloop

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres het die sloping van die UNRWA-hoofkwartier in Oos-Jerusalem in Israel veroordeel. Die sloping volg op 'n wet wat die bedrywighede van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge verbied. Israel het langdurige probleme met UNRWA, beskuldig die instelling dat hy Hamas help en eis dat…
21 Jan 8AM 1 min

Cosatu steun afdwinging van pensioenfondsbydraes-betaling

Die vakverbond Cosatu verwelkom die regering se aksie om arbeidsinspekteurs in staat te stel om die betaling van werknemers se pensioenfondsbydraes af te dwing. Arbeidsinspekteurs kan nou seker maak pensioenfondsbydraes wat van werkers se salarisse afgetrek word, asook werkgewers se bydraes, word binne sewe dae aan die betrokke fondse oorbetaal…
21 Jan 7AM 1 min