Oekraïne: G’n ooreenkoms tussen Trump, Putin

Loading player...
President Donald Trump sê daar was vordering tydens sy vergadering met sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, oor die oorlog in Oekraïne nie, maar geen ooreenkoms is bereik nie. Die leiers het Vrydag in Alaska vir meer as twee en 'n half uur vergader. Trump sê hy is van plan om die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en ander Europese leiers, wat nie aan die vergadering deelgeneem het nie in te lig:
16 Aug 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Militêre oefeninge bedreig Agoa

Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se voortgesette deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika is van kritiese belang vir ekonomiese herstel, werkskepping en groei. Die party sê die ANC se huidige buitelandse beleid, insluitend militêre bande met China, Rusland en Iran, bedreig toegang tot Amerikaanse markte en…
22 Jan 2AM 1 min

Trump se toespraak was nutteloos - Newsom

Die ommekeer deur president Donald Trump oor Groenland behoort as geen verbasing te kom nie. Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom sê by Davos dat met die dollar wat val, markte wat in chaos is en goud wat die hoogte in skiet het president Trump nie eintlik ‘n keuse gehad nie.
22 Jan 2AM 1 min

Polioinenting vorder goed in Omaheke

Die direkteur van gesondheidsdienste in die Omaheke-streek, Jeremia Shikulo het met die nasionale uitsaaier oor die Nasionale Polioinenting-veldtog gepraat. Die inentings kom na poliovirus tipe 2 in ‘n riooldam by Rundu bevestig is. Die veldtog is voorkomend en geen gevalle is tot dusver in die land bevestig nie.
22 Jan 1AM 1 min

Wes-Kaapse hospitale sukkel met 27 000 gevalle met mes-, skietwonde

Die DA sê nagenoeg 27 000 gevalle van gewelddadige trauma oor ses maande plaas ernstige druk op hospitale in die Wes-Kaap. Tussen Junie en November verlede jaar is meer as 3 000 pasiënte met skietwonde opgeneem, terwyl meer as 23 700 behandeling vir messteke moes kry. Memory Booysen van die…
22 Jan 1AM 1 min

Is dit Ysland of Groenland?

Amerikaanse president Donald Trump se opspraakwekkende toespraak by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos het weer bewerings dat hy in die beginstadium van demensie is aangevuur. Hy het leiers soos Franse president Emmanuel Macron en Chinese president Xi Jinping beledig, voormalige bondgenote gedreig en verskeie kere Groenland met Ysland verwar…
22 Jan 12AM 1 min