Salmboerdery op rand van deurbraak

Loading player...
Namibië se opkomende salmboerderybedryf is gereed om ‘n deurbraak te maak en beloof om ekonomiese diversifikasie te bevorder, werk te skep, buitelandse beleggings te lok en nuwe uitvoerinkomste te genereer. Justine Shipanga-Gcilishe, senior beleggersdienstebeampte vir die Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, het by die regeringsinligtingsentrum gepraat tydens 'n sessie oor Afrika suid van die Sahara se eerste groot salmplaas en die sektor se potensiaal om groei buite die land se tradisionele nywerhede te dryf, uitgelig.
15 Aug 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Militêre oefeninge bedreig Agoa

Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se voortgesette deelname aan die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika is van kritiese belang vir ekonomiese herstel, werkskepping en groei. Die party sê die ANC se huidige buitelandse beleid, insluitend militêre bande met China, Rusland en Iran, bedreig toegang tot Amerikaanse markte en…
22 Jan 2AM 1 min

Trump se toespraak was nutteloos - Newsom

Die ommekeer deur president Donald Trump oor Groenland behoort as geen verbasing te kom nie. Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom sê by Davos dat met die dollar wat val, markte wat in chaos is en goud wat die hoogte in skiet het president Trump nie eintlik ‘n keuse gehad nie.
22 Jan 2AM 1 min

Polioinenting vorder goed in Omaheke

Die direkteur van gesondheidsdienste in die Omaheke-streek, Jeremia Shikulo het met die nasionale uitsaaier oor die Nasionale Polioinenting-veldtog gepraat. Die inentings kom na poliovirus tipe 2 in ‘n riooldam by Rundu bevestig is. Die veldtog is voorkomend en geen gevalle is tot dusver in die land bevestig nie.
22 Jan 1AM 1 min

Wes-Kaapse hospitale sukkel met 27 000 gevalle met mes-, skietwonde

Die DA sê nagenoeg 27 000 gevalle van gewelddadige trauma oor ses maande plaas ernstige druk op hospitale in die Wes-Kaap. Tussen Junie en November verlede jaar is meer as 3 000 pasiënte met skietwonde opgeneem, terwyl meer as 23 700 behandeling vir messteke moes kry. Memory Booysen van die…
22 Jan 1AM 1 min

Is dit Ysland of Groenland?

Amerikaanse president Donald Trump se opspraakwekkende toespraak by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos het weer bewerings dat hy in die beginstadium van demensie is aangevuur. Hy het leiers soos Franse president Emmanuel Macron en Chinese president Xi Jinping beledig, voormalige bondgenote gedreig en verskeie kere Groenland met Ysland verwar…
22 Jan 12AM 1 min