Jesse Kriel opgewonde oor Esterhuizen teen Aussies

Loading player...
Rugby: Die Springbok Jesse Kriel sê hulle verwag ʼn taai stryd teen Australië in Saterdag se Rugbykampioenskaps-kragmeting op Ellispark, al het die Wallabies pas ʼn uitdagende reeks teen die Britse en Ierse Leeus voltooi. Kriel en André Esterhuizen is die senterpaar terwyl Damian de Allende nog van ʼn ligte besering herstel. Die 31-jarige Kriel is opgewonde omdat Esterhuizen geleentheid kry om teen die Wallabies te wys wat hy kan doen:
13 Aug 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reënpartytjie dalk grootliks verby weens El Nino-toestande

Reënvoorspellings vir die jaar begin lyk al hoe minder gunstig soos die vooruitsig van 'n El Nino toeneem. El Nino-toestande in Suider-Afrika bring tipies warmer temperature en aansienlik verminderde reënval. AMT het sy nuutste weervoorspelling uitgereik. Johan van den Berg, onafhanklike weerkenner, verduidelik.
22 Jan 8AM 1 min

Skoolvervoer-minibus slaan aan brand, almal oorleef

Twee leerders en die bestuurder het oorleef toe die minibus waarin hulle vandag in Vosloorus, Gauteng, gereis het, aan die brand geslaan het. Die Ekurhuleni-metro se Ramp-en-noodbestuursdienste sê brandbestryders het op 'n oproep gereageer. Woordvoerder William Ntladi sê die leerders van tien- en twaalf-jaar-oud en die bestuurder kon sonder beserings…
22 Jan 8AM 1 min

MTC erken innovasie, uitnemendheid met nuwe toekennings

MTC se Handelsmerk- en Bemarkingsindaba het 'n nuwe toekenningsprogram van stapel gestuur wat daarop gemik is om uitnemendheid en innovering op die gebied van handelsmerk-, bemarkings-, kommunikasie- en advertensievelde te erken. Die toekennings sal oorhandig word tydens die Indaba Gala-dinee, wat in April sal plaasvind. MTC-woordvoerder John Ekongo het aan…
22 Jan 7AM 1 min

Komitee aanvaar mosie om Clintons vir minagting aan te kla

Die Republikeins-beheerde Toesigkomitee van die Huis van Verteenwoordigers het 'n mosie aanvaar om die voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton, en sy vrou, Hillary, van minagting van die Kongres aan te kla. Hulle het 'n dagvaarding ignoreer om te getuig in die ondersoek na die ontslape pedofiel Jeffrey Epstein. Bill Clinton…
22 Jan 7AM 1 min