SA polisievroue op besoek vir Vrouemaand-vieringe

Loading player...
Namibië verwelkom 'n afvaardiging vroue van die Suid-Afrikaanse Polisiediens as deel van Vrouemaand-vieringe. Die besoek wat tot Vrydag sal duur, beklemtoon die sterk sekerheidsbande tussen die twee buurlande en vereer Suid-Afrikaanse vroue se optog teen apartheidpaswette in 1956. NamPol kommissaris Johanna Ngondo sê die program sluit besoeke aan stasies, 'n Vrouemaand-konferensie in Windhoek en gemeenskap-skakeling in wat daarop gemik is om dienslewering te verbeter:
13 Aug 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reënpartytjie dalk grootliks verby weens El Nino-toestande

Reënvoorspellings vir die jaar begin lyk al hoe minder gunstig soos die vooruitsig van 'n El Nino toeneem. El Nino-toestande in Suider-Afrika bring tipies warmer temperature en aansienlik verminderde reënval. AMT het sy nuutste weervoorspelling uitgereik. Johan van den Berg, onafhanklike weerkenner, verduidelik.
22 Jan 8AM 1 min

Skoolvervoer-minibus slaan aan brand, almal oorleef

Twee leerders en die bestuurder het oorleef toe die minibus waarin hulle vandag in Vosloorus, Gauteng, gereis het, aan die brand geslaan het. Die Ekurhuleni-metro se Ramp-en-noodbestuursdienste sê brandbestryders het op 'n oproep gereageer. Woordvoerder William Ntladi sê die leerders van tien- en twaalf-jaar-oud en die bestuurder kon sonder beserings…
22 Jan 8AM 1 min

MTC erken innovasie, uitnemendheid met nuwe toekennings

MTC se Handelsmerk- en Bemarkingsindaba het 'n nuwe toekenningsprogram van stapel gestuur wat daarop gemik is om uitnemendheid en innovering op die gebied van handelsmerk-, bemarkings-, kommunikasie- en advertensievelde te erken. Die toekennings sal oorhandig word tydens die Indaba Gala-dinee, wat in April sal plaasvind. MTC-woordvoerder John Ekongo het aan…
22 Jan 7AM 1 min

Komitee aanvaar mosie om Clintons vir minagting aan te kla

Die Republikeins-beheerde Toesigkomitee van die Huis van Verteenwoordigers het 'n mosie aanvaar om die voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton, en sy vrou, Hillary, van minagting van die Kongres aan te kla. Hulle het 'n dagvaarding ignoreer om te getuig in die ondersoek na die ontslape pedofiel Jeffrey Epstein. Bill Clinton…
22 Jan 7AM 1 min