Wildlewe moet benut word, meer as net ‘kyk en sien’

Loading player...
Wêreld Olifantdag word vandag gevier en Namibië staan uit met een van die hoogste olifantbevolkings in die streek. Dit is 'n reuse-aanwins nie net vir bewaring nie, maar ook vir die toerismebedryf wat tot die ekonomie bydra, maar dit is ‘n las vir boere wat die skade, somtyds, derduisende, self moet dra. Oor die algemeen is Namibië se suksesvolle bewaringsprogramme die hoof bydraer tot konflik met wild. Kosmos 94.1 Nuus het met prof. Morgan Hauptfleisch, direkteur van navorsing by die Namibië Natuurstigting gepraat.
12 Aug 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sluit skool oor perdebye, eis Nanso

Nanso eis die onmiddellike sluiting van die Otjivero Gekombineerde Skool in die Omaheke-streek, te midde van 'n ernstige perdebybesmetting by die skool, totdat die perdebye verwyder is. Nanso was by die skool en het hulle bekommernis oor die kwessie uitgespreek. Nanso-president Dorthea Nangolo het tydens hulle besoek gepraat:
22 Jan 10AM 1 min

Kommer oor Barberton-dam wat kan breek

Die Departement van Water en Sanitasie het damveiligheidsingenieurs gestuur om 'n dam in privaat besit naby Barberton in Mpumalanga te beoordeel ná berigte oor 'n moontlike gevaar dat die wal kan meegee. Woordvoerder Wisane Mavasa sê die My Own Dam, wat vir besproeiing gebruik word, toon voortdurende erosie omdat dit…
22 Jan 10AM 1 min

Polio-inentingsveldtog skop op 26 Januarie af

Die gesondheidsministerie berei voor om die polio-inentingsveldtog van stapel te stuur, wat vir ronde een van 26 tot 29 Januarie en ronde twee van 24 tot 27 Februarie 2026 beplan word. Alle kinders onder 10 jaar, of hulle nou voorheen ingeënt is of nie, kwalifiseer vir die polio-inenting. Suster Gertruida…
22 Jan 9AM 1 min

Sauma weerlê Rosatom se syfers oor Leonardville-uraanprojek

MSN berig dat Rosatom beplan om tot 9,4 miljard Namibiese dollar te belê in sy omstrede Leonardville in situ logingsprojek wat gemik is op 'n jaarlikse produksie van 3 000 ton uraan en 'n mynleeftyd van meer as 25 jaar, terwyl Rusland en Namibië gesprekke oor samewerking in uraanontwikkeling en…
22 Jan 9AM 1 min