Polio-inentingsveldtog skop op 26 Januarie af

Loading player...
Die gesondheidsministerie berei voor om die polio-inentingsveldtog van stapel te stuur, wat vir ronde een van 26 tot 29 Januarie en ronde twee van 24 tot 27 Februarie 2026 beplan word. Alle kinders onder 10 jaar, of hulle nou voorheen ingeënt is of nie, kwalifiseer vir die polio-inenting. Suster Gertruida Burger, die koördineerder van die veldtog vir die Rehoboth-distrik is aan die woord.
22 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sluit skool oor perdebye, eis Nanso

Nanso eis die onmiddellike sluiting van die Otjivero Gekombineerde Skool in die Omaheke-streek, te midde van 'n ernstige perdebybesmetting by die skool, totdat die perdebye verwyder is. Nanso was by die skool en het hulle bekommernis oor die kwessie uitgespreek. Nanso-president Dorthea Nangolo het tydens hulle besoek gepraat:
22 Jan 10AM 1 min

Kommer oor Barberton-dam wat kan breek

Die Departement van Water en Sanitasie het damveiligheidsingenieurs gestuur om 'n dam in privaat besit naby Barberton in Mpumalanga te beoordeel ná berigte oor 'n moontlike gevaar dat die wal kan meegee. Woordvoerder Wisane Mavasa sê die My Own Dam, wat vir besproeiing gebruik word, toon voortdurende erosie omdat dit…
22 Jan 10AM 1 min

Sauma weerlê Rosatom se syfers oor Leonardville-uraanprojek

MSN berig dat Rosatom beplan om tot 9,4 miljard Namibiese dollar te belê in sy omstrede Leonardville in situ logingsprojek wat gemik is op 'n jaarlikse produksie van 3 000 ton uraan en 'n mynleeftyd van meer as 25 jaar, terwyl Rusland en Namibië gesprekke oor samewerking in uraanontwikkeling en…
22 Jan 9AM 1 min

NNN lê klem op beleggers, privaatsektor se rol in ekonomie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is op 'n missie om besigheid in die land te bevorder. Sy het die Bipa One-Stop-Centre in die hoofstad besoek saam met eerste minister Elijah Ngurare. Tydens die besoek het die president die kritieke rol van beleggers en die privaatsektor as sleutelvennote vir ekonomiese groei, die skep…
22 Jan 9AM 1 min

Reënpartytjie dalk grootliks verby weens El Nino-toestande

Reënvoorspellings vir die jaar begin lyk al hoe minder gunstig soos die vooruitsig van 'n El Nino toeneem. El Nino-toestande in Suider-Afrika bring tipies warmer temperature en aansienlik verminderde reënval. AMT het sy nuutste weervoorspelling uitgereik. Johan van den Berg, onafhanklike weerkenner, verduidelik.
22 Jan 8AM 1 min