
Sauma weerlê Rosatom se syfers oor Leonardville-uraanprojek
Loading player...
MSN berig dat Rosatom beplan om tot 9,4 miljard Namibiese dollar te belê in sy omstrede Leonardville in situ logingsprojek wat gemik is op 'n jaarlikse produksie van 3 000 ton uraan en 'n mynleeftyd van meer as 25 jaar, terwyl Rusland en Namibië gesprekke oor samewerking in uraanontwikkeling en die vreedsame gebruik van kernenergie bevorder. Sauma se voorsitter, Wolfi Teichert, wat self in mynwese gewerk het, het verwys na 'n verslag van die Internasionale Atoom-energie Agentskap en sê die Russe se syfers is nie korrek nie en is inteendeel heeltemal misleidend. Die hoeveeheid bronne is verkeerd en dus ook die leeftyd van die myn.

