
Gholf: Engeland se Rhodes voor in Johannesburgse Vroue Ope
--:--
Mimi Rhodes van Engeland het met agt onder baansyfer 65 klaargemaak om die klubhuis-voorsprong te neem in die eerste ronde van die Johannesburgse Vroue Ope by die Modderfontein-gholfklub. Die Suid-Afrikaner Casandra Alexander is een hou agter haar. Die ronde is weens ʼn hewige reënbui gestaak omdat die baan te nat was, en word vanoggend hervat. Rhodes sê haar oorwinning by die Ford Vroue se NSW Ope in Australië verlede week het haar selfvertroue ʼn hupstoot gegee: