
IPC weier rol as amptelike opposisie in NV
--:--
Die Independent Patriots for Change gaan nie die rol as die leier van die amptelike opposisie in die parlement inneem nie. In stede daarvan het die IPC ‘n skadukabinet aanwys wat die amptelike kabinet aanspreeklik sal hou, het die party se president, Panduleni Itula, Donderdag tydens ‘n mediakonferensie bekend gemaak. Geen leier is aangekondig vir die IPC se 20 afgevaardigdes wat regtens die verkiesingsuitslae posisies in die parlement het nie. Volgens Itula is die posisie as leier van die amptelike opposisie in die parlement ongrondwetlik: