Cyril dink oor DA as regeringsvennoot

--:--
Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa gaan sy tyd neem om na te dink oor die pad vorentoe met die DA as regeringsvennoot nadat die party teen die fiskale begrotingsraamwerk gestem het. Die begroting is aanvaar nadat 194 parlementslede daarvoor en 182 daarteen gestem het. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dit gaan vir die DA moeilik wees om deel te wees van ʼn regering wie se begroting hy teenstaan.
3 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum Jeug ontstoke oor sangoma-seremonie in Potch koshuis

AfriForum Jeug eis 'n ondersoek nadat 'n tradisionele geneser-seremonie in 'n vrouekoshuis by die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit uitgevoer is. Die groep sê die voorval, wat bestaan het uit harde gille en voorvaderlike gebede, het Saterdagaand gebeur en die ander studente ontstel. Yvonne Gerber van AfriForum Jeug wil hê…
15 Apr 11AM 1 min

Eerste minister klap sweep oor dienslewering, noodreaksie

Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep gedoen op 'n volledige hersiening van openbare dienslewering. Ngurare het die belangrikheid van aanspreeklikheid, prestasiebestuur en noodgereedheid beklemtoon en sê dat die regering se reaksie vinnig en doeltreffend moet wees. Hy sê gemeenskappe moet voordeel trek uit regeringsbronne.
15 Apr 10AM 1 min

Wat's so spesiaal aan Mushokabanji as Meatco HUB: Venaani in NV

Die herrie oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as Meatco se uitvoerende hoof het in die parlement gaan draai. Die opdrag van die kabinet na die raad nie sy termyn hernu het nie, is wyd veroordeel. Voormalige landbouminister Calle Schlettwein het ook gewaarsku oor die heraanstelling, want gedurende sy termyn…
15 Apr 10AM 1 min

B2Gold besing Antelope-myn se potensiaal

Die hoofbestuurder van B2Gold, Eric Barnard, sê die maatskappy het verlede jaar 8,89 miljard Namibiese dollar verdien van 198 000 onse goud. Tot op hede is 138 mense afgedank en teen die einde van die jaar sal slegs 400 uit 700 personeel op die Otjikoto-myn in diens wees. Ten spyte…
15 Apr 10AM 1 min

Werkloosheidsprotes-betogers kry werk: Amushelelo

Die aktivis Michael Amushelelo het 'n opdatering gegee oor sy werkloosheidsprotes van 21 Maart verlede jaar. Na die protes het betogers op regeringskantore toegesak en hul CV's by die arbeidministerie ingehandig. Volgens Amushelelo het verskeie van die betogers werksaanbiedinge gekry en sommige het reeds werk bekom. Kosmos 94.1 Nuus het…
15 Apr 8AM 1 min