Vaaldam op 107%, derde sluis oopgemaak

--:--
Die Departement van Water en Sanitasie het ʼn derde sluis by die Vaaldam oopgemaak om die uitvloei te verhoog en invloei te bestuur. Die dam se huidige watervlak staan op 107,30-persent. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die groter uitvloei van die Vaaldam sal die Bloemhofdam na verwagting binne drie tot vier dae bereik en watervlak laat styg. Dit sal beheer word deur die uitvloei geleidelik te verhoog.
3 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kernkrag is nie 'n goeie opsie vir Namibië nie

Plaaslike media berig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah wil hê die land moet sy eie kernkragstasie oprig. In haar mening moet die ryk uraanbronne bydra tot ontwikkeling en energiesekuriteit. Dit is nie die eerste keer wat die beroep gedoen is nie en Kosmos 94.1 Nuus het reeds al met die kenner…
14 Apr 3AM 1 min

Ondersoek na George-gebou is 65% voltooi

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die SAPD se ondersoek na die ineenstorting van 'n George-gebou is 65 persent voltooi. Winde het met die provinsiale Polisiekommissaris, Thembisile Patekile, vergader oor die vordering met die ondersoek. Die ineenstorting van die onvoltooide gebou in Mei verlede jaar het 34 werkers se dood…
14 Apr 3AM 1 min

Karas-streeksraad distansieer hom van Amupanda se aantygings

Streekraadslede en Josef Isaack, die voorsitter van die Karas-streeksraad, het hulle gedistansieer van bewerings deur die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda dat 3 miljoen Namibiese dollar verduister is met die bou van die streeksraad se kantoor op Keetmanshoop. Amupanda het die bewering in die parlement gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met…
14 Apr 2AM 1 min

Marquez vat Katar Grand Prix

Die sesmalige MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsry-kampioenskap vergroot nadat hy die Katar Grand Prix gewen het. Die Ducati-ryer het met Maverick Vinales van Red Bull KTM Tech3, en Franco Morbidelli van VR46 Racing afgereken. Die Suid-Afrikaner Brad Binder het 13de geëindig op sy Red Bull KTM…
14 Apr 2AM 1 min

Een party kan nie dooiepunt oor BTW oplos nie

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle sal hierdie week ʼn ooreenkoms uitwerk met al die partye wat saamstem om die begrotingdooiepunt te verbreek. Die ANC het met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid beraadslaag om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind. Die BTW-verhoging…
14 Apr 1AM 1 min