Kernkrag is nie 'n goeie opsie vir Namibië nie

--:--
Plaaslike media berig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah wil hê die land moet sy eie kernkragstasie oprig. In haar mening moet die ryk uraanbronne bydra tot ontwikkeling en energiesekuriteit. Dit is nie die eerste keer wat die beroep gedoen is nie en Kosmos 94.1 Nuus het reeds al met die kenner in energie, Chris Yelland daaroor gesels.
14 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN antwoord (nie) op PDM se August 26 vraag

Tydens die vraag-en-antwoord sessie na president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede, het PDM-leier McHenry Venaani na die president se aangekondigde stryd teen korrupsie verwys. Hy wou weet wanneer die verslag oor die oudit van August 26 Holding Company se boeke vrygestel gaan word. Die maatskappy werk met openbare fondse.
25 Apr 12AM 1 min

Namibiese groeivoorspellings afwaarts aangepas

Die ekonomie van Afrika suid van die Sahara toon veerkragtigheid, sê die Wêreldbank, met verwagte groei van 3,5 persent vanjaar en 4,3 persent teen 2027, aangedryf deur toenemende beleggings en verbruik, en dalende inflasie. Armoede-vermindering is egter stadig en werkskepping bly swak, veral in konflik-geaffekteerde en hulpbronafhanklike lande. Die bank…
25 Apr 12AM 1 min

Primêre nywerhede dra meeste by tot 2024-groei

Die Namibiese Finansiële Stabiliteitsverslag van 2025 is deur die Bank van Namibië in die hoofstad bekendgestel Die verslag ontleed die prestasie van die Namibiese banke in die ekonomie. Die globale ekonomiese vooruitsigte van verskeie lande het afgeneem en sal na verwagting in die Namibiese binnelandse ekonomie deursyfer. Florette Nakusera, direkteur…
24 Apr 11PM 1 min

"Vladimir, STOP!" - Trump

Amerikaanse president Donald Trump en Noorweë se premier, Jonas Gahr Støre, het Donderdag in die Withuis ontmoet, waar Trump gesê het dat die volgende paar dae baie belangrik gaan wees vir 'n skietstilstand-ooreenkoms in Oekraïne. Trump het vroeër gesê hy is nie gelukkig oor 'n groot Russiese lugaanval op Kiëf…
24 Apr 11PM 1 min