VF+ keer dat R2,6 miljard se onreëlmatige besteding oorgesien word

--:--
Die Vryheidsfront Plus in die Oos-Kaap sê hy het help keer dat die Nelson Mandelabaai-metroraad 2,6 miljard Suid-Afrikaanse rand se onregmatige uitgawes afskryf sonder voldoende dokumentasie of ʼn behoorlike ondersoek. Bill Harington van die party sê so ʼn stap sou ʼn ernstige skending van finansiële aanspreeklikheid en deursigtigheid wees. Hy sê die saak is vir verdere ondersoek na die Munisipale Openbarerekeninge-komitee verwys:
1 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa bepleit beter samewerking tussen publiek, polisie

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners versoek om die polisie te ondersteun in die stryd teen misdaad. Ramaphosa het op die Polisieberaad in Kemptonpark gepraat en beklemtoon misdaad raak die hele samelewing en 'n kollektiewe poging word benodig om dit te kan hokslaan. Ramaphosa het ook erkenning gegee aan die uitdagings…
9 Apr 1AM 1 min

Nama-jeugberaad begin vandag

Die Nama Tradisionele Leiersvereniging hou vandag tot Vrydag sy eerste jeugberaad in die Waterfront-ouditorium in Lüderitz sal plaasvind. Die geskiedkundige beraad het ten doel om die jeug te betrek by belangrike besprekings rondom hul geskiedenis en erfenis, en toekomstige geleenthede vir die Nama-bevolking. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maboss…
9 Apr 1AM 1 min

Arbeid gee terugvoering oor De Duine

Die De Duine Hotel in Hentiesbaai is deur die justisie- en arbeidsverhoudinge-ministerie beveel om nie 'n voorstel oor onder andere die terughou van kelners se fooitjies te implementeer nie. Dit volg na 'n brief wat deur die hotel se bestuur geskryf is uitgelek het en 'n span van die ministerie…
9 Apr 1AM 1 min

Daling in lamverslagting is as gevolg van laer aanbod

Volgens die Namibië Landbou-unie het 'n gebrek aan uitvoerlam die slagaktiwiteite by uitvoer-abattoirs beïnvloed, wat die vermoë om ooraanbod te verwerk beperk. Die daling in slagaktiwiteit was te wyte aan die erge droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sven Thieme, die uitvoerende hoof van Ohlthalver en List, wat Farmers…
9 Apr 12AM 1 min