Ramaphosa bepleit beter samewerking tussen publiek, polisie

--:--
President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners versoek om die polisie te ondersteun in die stryd teen misdaad. Ramaphosa het op die Polisieberaad in Kemptonpark gepraat en beklemtoon misdaad raak die hele samelewing en 'n kollektiewe poging word benodig om dit te kan hokslaan. Ramaphosa het ook erkenning gegee aan die uitdagings wat opkomende bedreigings soos transnasionale misdaad en onwettige mynbou inhou. Hy vra verbeterde openbare vertroue, beter verhoudings tussen die polisie en die gemeenskap en die slimmer gebruik van hulpbronne.
9 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Orania kap terug teen EFF eise

EFF het opgeruk na die Kimberley-kantoor van die premier van Noord-Kaap Zamani Saul en ‘n versoekskrif oor Orania oorhandig. Die party eis dat Orania en witheid tot ‘n einde moet gebring word en dat die grond, sonder vergoeding, onteien moet word. Op sy sosiale media het Joost Strydom, Orania se…
23 Apr 3AM 1 min

Franciskus se persoonlike vriend onthou hom

‘n Persoonlike vriend van die ontslape pous Franciskus, John Studzinski, het met SkyNews gepraat oor hoe hy onthou sal word. Die pous word Saterdag begrawe en lê vir die volgende drie dae in staatsie vir die publiek.
23 Apr 3AM 1 min

Verhoging in BTW is wettig afhangende van parlementêre aanpassing

Die Parlement voer aan die verhoging van 0,5-persent in BTW wat volgende week van krag word, is wettig hangend parlementêre wysiging. Die DA en die EFF betwis die verhoging in die Wes-Kaapse Hooggeregshof, en beweer dat dit die Parlement se magte ten opsigte van belasting uitskakel. Uitspraak is voorbehou. Die…
23 Apr 2AM 1 min

Tariewe op China sal daal

President Donald Trump sê die Amerikaanse tariewe op invoere uit China sal aansienlik daal. Trump het invoertariewe van 145-persent op produkte uit China ingestel waarop China gereageer het met tariewe van 125-persent op Amerikaanse goedere. Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, sê die voortslepende tariefoorlog teen China is nie…
23 Apr 2AM 1 min

Powell is gewoond aan politieke druk - Lagarde

Die president van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, sê sy hoop nie president Donald Trump van Amerika gaan die voorsitter van die Federale Reserwe, Jerome Powell, afdank nie. Trump het Powell in sy eerste termyn aangestel. Hy plaas druk op Powell om rentekoerse te verlaag en waarsku die Amerikaanse…
23 Apr 1AM 1 min