Walters sê oor hof-eis vir nuwe verkiesing
Loading player...
’n Herhaling van verlede jaar se algemene verkiesing kan moontlik die vertroue van die kiesers wat opgedaag het om te stem erodeer, volgens politieke kommentators. Hulle waarsku ook dat die finansiële koste van so 'n oefening astronomies kan wees. Dit kom in die lig van die aansoek van die IPC en LPM wat die uitslag van die verkiesing in die Hooggeregshof uitdaag, en aanvoer dat die verkiesing herhaal moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige ombudsman advokaat John Walters gesels, wat sê hy twyfel of die onreëlmatighede so swaar sal weeg.