30 naakte mensehandel-slagoffers soek na hulle ontsnap
Loading player...
Die Valke het drie verdagtes in hegtenis geneem wat glo met 'n mensehandelsindikaat verbind word. Dit volg na die polisie 15 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers gered het wat teen hulle wil in 'n huis in Lombardy-Oos in Johannesburg aangehou is. Elf is in die hospitaal opgeneem terwyl 30, wat glo naak was, Donderdagaand ontsnap het. Die Valke se woordvoerder, Philani Nkwalase, sê 'n voorlopige ondersoek het bevind die slagoffers het 'n venster en diefwering oopgebreek en ontvlug.