Elektriese voertuie 'perfek vir Namibiese dorpe'
Loading player...
Duitsland het verlede jaar 'n daling van 27,4 persent in verkope van battery-aangedrewe motors aangeteken. Dit word toegeskryf aan die beëindiging van staatsubsidies, hoë pryse, swak laai-infrastruktuur en beperkte reikafstand. Plaaslik is verkope van elektriese voertuie ook traag en daar is tans net 45 elektriese voertuie in Namibië, teenoor die 1 000 in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia, wat die plaaslike uitdagings uitlig maar tog verwag dat verkope van elektriese voertuie vanjaar vinnig sal styg.