Beboet werkgewers wat nie minimumloon betaal: Nafau
Loading player...
Jacob Penda, hoofsekretaris van die Namibian Food and Allied Workers Union, Nafau, versoek werkgewers om te voldoen aan die nuwe nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur, wat op 1 Januarie in werking getree het. Penda het by 'n perskonferensie in Windhoek 'n beroep op die arbeidministerie gedoen om 'n moniteringspan te stig om nakoming te verseker. Hy sê dat maatskappye wat nie voldoen nie, beboet moet word.