Nampol vra hulp na bejaarde egpaar op Henties aangerand, beroof is

Loading player...
Die Erongo-polisie het bevestig dat ‘n bejaarde egpaar oornag op Hentiesbaai oorval, aangerand en beroof is in hulle huis in Jakkalsputzstraat op die kusdorp. Die twee word behandel op Swakopmund waar daar ook oornag ‘n huisroof was. Hoofinspekteur Ileni Shapumba vra die publiek om na vore te tree indien hulle enige inligting het.
9 Jan 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Namibië wag nog om te hoor van 4-dag werkweek proefneming

Ysland, 'n leier in die aanvaarding van die vierdaagse werkweek, het indrukwekkende ekonomiese groei in 2023 aangeteken wat die meeste ryk Europese lande verbygesteek het, volgens die IMF se jongste World Economic Outlook-verslag. Geïnspireer deur Ysland se sukses, het Namibië die tweede Afrika-land geword en een van slegs 'n paar…
9 Jan 11AM 1 min

FlySafair vra billikheid in oorbesprekings-ondersoek

FlySafair verwelkom die Nasionale Verbruikerskommissie se ondersoek na oorbesprekingspraktyke en beklemtoon hy voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming. Die lugredery sê oorbespreking is 'n wêreldwye standaard om die versuim om op te daag te bestuur en die kaartjies bekostigbaar te hou. Die hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê FlySafair se benadering raak…
9 Jan 11AM 1 min

Maak so om groen weivelde optimaal te benut

Veeboere is uiters positief na die onlangse reën, wat die hoop op verbeterde weiding en beter veegewig laat opvlam het. Boere word egter aangeraai om versigtig te wees aangesien vars groen weivelde laag in vesel en hoog in vog is, wat die risiko dat vee opblaas vergroot. Dit kan dodelik…
9 Jan 10AM 1 min

Wonderwerk-baba wat Van Reenenspas-botsing oorleef, se familie gevind

Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma sê die wonderwerk-baba, wat 'n gru-ongeluk oorleef het, se familie is in Gauteng gevind. Sewentien mense het gesterf in die ongeluk tussen 'n vragmotor en 'n minibustaxi op die Van Reenenspas. Die LUR se woordvoerder, Ndabezinhle Sibiya, sê die…
9 Jan 10AM 1 min