Nawa staan duisende diere by
Loading player...
Dit is vier jaar sedert die Namibiese Dierewelsynsvereniging, wat daarop fokus om landelike gemeenskappe by te staan, as 'n welsynsorganisasie geregistreer is. In hierdie tyd het hulle 3 802 gemeenskapslede gehelp met veeartsenykundige sorg vir 8 110 diere, en ook 1 208 diere gesteriliseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Janine van Rooyen, die vereniging se voorsitter, wat meer oor hul werk verduidelik.