Meeste SA skole kom skooldrag-riglyne na

Loading player...
Die Mededingingskommissie sê hy is bly dat die meeste skole sy riglyne nakom. Dit volg nadat die kommissie sy verslag oor die uitkomste van ingrypings in skooldragverkryging, bekend gemaak het. Gesinne berei tans voor vir die 2025-skooljaar en Karabo-Motaung Mohlala van die kommissie sê stygende koste van skooldrag en skryfbehoeftes is steeds 'n aansienlike las. Sy het aan SABC News gesê skole moet hul verskaffers-databasis uitbrei om mededingende pryse aan te moedig.
8 Jan 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

PEL39: Namcor sê Shell het hom nog nie ingelig nie

Namcor sê hy is nog nie deur Shell ingelig oor die lewensvatbaarheid van die PEL39 ontdekking nie. Shell het aangekondig hy sal sowat 400 miljoen Amerikaanse dollar afskryf na sy eksplorasiewerk in die Oranje-bekken wat hy as kommersieel onlewensvatbaar ag. Dit word as a reus-knou vir die land se olie-ambisies…
9 Jan 5AM 1 min

Dwelmbeslagleggings dui Desember 'voorraad' aan

Die Namibiese polisie het in Desember 308 000 kilogram dagga, 10 031 Mandrax-tablette, 307 eenhede crack-kokaïen en 8 859 gram kokaïen-poeier gekonfiskeer. Daar is 126 verdagtes gearresteer met 118 Namibiërs, vier Angolese, een Suid-Afrikaner, twee Zambiërs en een Tanzaniër. Volgens die voormalige dwelmhoof by die polisie Hermie van Zyl, is…
9 Jan 5AM 1 min

Nampol vra hulp na bejaarde egpaar op Henties aangerand, beroof is

Die Erongo-polisie het bevestig dat ‘n bejaarde egpaar oornag op Hentiesbaai oorval, aangerand en beroof is in hulle huis in Jakkalsputzstraat op die kusdorp. Die twee word behandel op Swakopmund waar daar ook oornag ‘n huisroof was. Hoofinspekteur Ileni Shapumba vra die publiek om na vore te tree indien hulle…
9 Jan 5AM 1 min

Wakudumo gesels oor saaiboere, reën die Okavango en gevare

Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, sê die onlangse swaar reën in die streek is tot groot voordeel van saaiboerdery asook die Okavangorivier, wat sterker vloei. Die rivier is van kardinale belang vir inwoners van beide Kavango Oos en Wes vir boerdery en visvang, wat hul inkomste verhoog. Terwyl…
9 Jan 4AM 1 min

Nawa staan duisende diere by

Dit is vier jaar sedert die Namibiese Dierewelsynsvereniging, wat daarop fokus om landelike gemeenskappe by te staan, as 'n welsynsorganisasie geregistreer is. In hierdie tyd het hulle 3 802 gemeenskapslede gehelp met veeartsenykundige sorg vir 8 110 diere, en ook 1 208 diere gesteriliseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
9 Jan 4AM 1 min