Word lid van die DBV en help diere in nood

Loading player...
Die Dierebeskermingsvereniging het opwindende aktiwiteite vir vanjaar beplan. Jy kan die jaar op goeie voet begin deur 'n lid te word vir slegs 365 Namibiese dollar, of 'n dollar per dag, om diere in nood te ondersteun. Danksy die Santa Paws-inisiatief is 344 diere oor die vakansie geborg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanna Rhodin, direkteur van die DBV, wat gesinne aanmoedig om troeteldiere aan te neem en hulle 'n tweede kans in die lewe te gee. Troeteldiereienaars word ook daaraan herinner om hierdie seisoen waaksaam te bly teen bosluise en dit gereeld te kontroleer.
8 Jan 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nampol vra hulp na bejaarde egpaar op Henties aangerand, beroof is

Die Erongo-polisie het bevestig dat ‘n bejaarde egpaar oornag op Hentiesbaai oorval, aangerand en beroof is in hulle huis in Jakkalsputzstraat op die kusdorp. Die twee word behandel op Swakopmund waar daar ook oornag ‘n huisroof was. Hoofinspekteur Ileni Shapumba vra die publiek om na vore te tree indien hulle…
9 Jan 5AM 1 min

Wakudumo gesels oor saaiboere, reën die Okavango en gevare

Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, sê die onlangse swaar reën in die streek is tot groot voordeel van saaiboerdery asook die Okavangorivier, wat sterker vloei. Die rivier is van kardinale belang vir inwoners van beide Kavango Oos en Wes vir boerdery en visvang, wat hul inkomste verhoog. Terwyl…
9 Jan 4AM 1 min

Nawa staan duisende diere by

Dit is vier jaar sedert die Namibiese Dierewelsynsvereniging, wat daarop fokus om landelike gemeenskappe by te staan, as 'n welsynsorganisasie geregistreer is. In hierdie tyd het hulle 3 802 gemeenskapslede gehelp met veeartsenykundige sorg vir 8 110 diere, en ook 1 208 diere gesteriliseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
9 Jan 4AM 1 min

Zuma se tugproses is afgehandel - Ramaphosa

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê volgens die party se grondwet is die regte prosesse gevolg om oudpresident Jacob Zuma se lidmaatskap te beëindig. MK-partyleier Zuma, het die ANC tot 31 Januarie tyd gegee om hom as 'n lid van die party te herstel of regstappe in die…
9 Jan 3AM 1 min

Sirië ervaar 'n humanitêre krisis

Die Verenigde Nasies sê toegang tot gebiede in die noord-ooste van Sirië bly ʼn probleem weens die sluiting van interne grensposte en brûe wat deur onlangse gevegte beskadig is. Sowat 15 miljoen Siriërs het gesondheidsdienste nodig, byna 13 miljoen staar voedselonsekerheid in die gesig en ongeveer 620 000 is ontheem…
9 Jan 3AM 1 min