Eskom sal 3 760MW môre by netwerk voeg

Loading player...
Eskom sê hy is steeds op koers om in die aanvraag na elektrisiteit te voldoen en 'n bykomende 3 760 megawatt sal na verwagting teen Maandagaand weer aanlyn wees. Die waarnemende woordvoerder, Aubrey Sambo, sê die onbeplande verlies aan kapasiteit is tot dusver op 24,94-persent vir die finansiële jaar, maar het vanaf 32,93-persent in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar verbeter. Hy sê dit verteenwoordig 'n verbetering van 8,1-persent vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar:
5 Jan 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Netwerkverklaring deur Transnet verwelkom

Die Padvragvereniging het die publikasie van die Transnet-netwerkverklaring oor die spoornetwerk in Suid-Afrika verwelkom. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, moedig alle ondernemings aan wat 'n derdeparty-operateur kan word, om die verklaring te bestudeer en om met die vervoerdepartement in gesprek te tree om spoorbedrywighede weer 'n lewensvatbare en…
6 Jan 10PM 1 min

Justin Trudeau bedank, vermy mosie van wantroue

Die Kanadese premier, Justin Trudeau, het sy bedanking op 'n nuuskonferensie by sy tydelike woning, Rideau Cottage, in Ottawa aangekondig. In sy toespraak het hy gesê 'n nuwe premier en leier van die Liberale Party sal die waardes en idees van die party in die volgende verkiesings dra. Trudeau sê…
6 Jan 10PM 1 min

So kan jy vloedgeteisterde gemeenskappe help

Verskeie gemeenskappe is die afgelope tyd ernstig deur kitsvloede benadeel. Die Development Workshop Namibia het 'n openbare beroep op skenkings geloods om die slagoffers by te staan. Belangstellendes kan enige bedrag in die organisasie se bankrekening inbetaal. Die bankbesonderhede is op hul Facebook- en Instagram-bladsye beskikbaar. Spanne is tans besig…
6 Jan 11AM 1 min

DA boos oor Tshwane tender-amptenare wat terugkeer

Die DA kritiseer die besluit om vyf Tshwane-amptenare, betrokke by 'n onreëlmatige tender vir die opgradering van die Rooiwal-afvalwatersuiweringsaanleg, toe te laat om terug te keer werk toe. 'n Forensiese verslag het dissiplinêre stappe aanbeveel, maar die amptenare het hul saak in die Arbeidshof gewen en moet later hierdie maand…
6 Jan 11AM 1 min

Hoë mieliemeelprys ‘eers in Mei gevoel’

Reaksie word ontvang op berigte dat daar kommer is oor die prys van mieliemeel as gevolg van die styging in die mielieprys in Suid-Afrika. In Julie 2024 was die prys 4 255 Suid-Afrikaanse rand per ton wat nou op 6 785 rand ‘n ton staan, ver bo die 100 dag…
6 Jan 10AM 1 min