Netwerkverklaring deur Transnet verwelkom

Loading player...
Die Padvragvereniging het die publikasie van die Transnet-netwerkverklaring oor die spoornetwerk in Suid-Afrika verwelkom. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, moedig alle ondernemings aan wat 'n derdeparty-operateur kan word, om die verklaring te bestudeer en om met die vervoerdepartement in gesprek te tree om spoorbedrywighede weer 'n lewensvatbare en doeltreffende diens te maak. Hy sê daar sal baie geleenthede vir padvervoer wees.
6 Jan 9PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Reuse taak lê voor vir Mahama in Ghana

John Mahama is as nuwe president van Ghana ingehuldig te midde van die ergste ekonomiese krisis in die land in ʼn leeftyd. Die 65-jarige het van 2012 tot 2017 ook as president gedien en het visepresident Mahamudu Bawumia verslaan nadat hy onderneem het om ekonomiese uitdagings, korrupsie en werkloosheid onder…
8 Jan 1AM 1 min

Suid-Afrika vertoon goed by die Dakar

Die 19-jarige Suid-Afrikaner, Saood Variawa, het skof drie van die Dakar-veldtydren tussen Bisha en Al Henakiyah in Saoedi-Arabië gewen. Variawa het die wenstreep met ʼn speling van 23 sekondes oorgesteek en die jongste wenner in die topmotor-kategorie van ʼn Dakar-skof geword. Nog ʼn Suid-Afrikaner, Henk Lategan wat die skof in…
8 Jan 1AM 1 min

LA kondig noodtoestand af met veldbrand

Die Amerikaanse stad Los Angeles het ʼn noodtoestand afgekondig terwyl ʼn veldbrand wat deur sterk wind aangedryf word, owerhede genoop het om meer as 30 000 inwoners te vra om hul wonings te ontruim. Talle huise in die Pacific Palisades-gebied is beskadig, maar geen beserings of sterftes is aangemeld nie…
8 Jan 12AM 1 min

Newcastle klap Arsenal 2-0

Newcastle het beheer geneem oor hulle Carabaobeker-halfeindstryd met 'n oortuigende 2-0, eerstebeen oorwinning oor Arsenal in die Emirates-stadion. Doele deur Alexander Isak en Anthony Gordon het gesorg vir die besoekers se eerste weg-oorwinning oor Arsenal sedert November 2010. Newcastle moet nou nie verloor nie, of net met een doel verloor,…
8 Jan 12AM 1 min

BRICS moet eerder die dollar met rus te laat

Die BRICS-groepering, wat oorspronklik uit Brasilië, Indië, China en Suid-Afrika bestaan het, het nou nege lede en nege vennote, en groei steeds. BRICS beslaan tans sowat die helfte van die wêreldbevolking met meer as 41 persent van die wêreld se BBP, en verskerp pogings om die internasionale monetêre en finansiële…
7 Jan 11PM 1 min