Klimaat het 'ineengestort' - Guterres

Loading player...
Die Verenigde Nasies sê klimaatsverandering het in 2024 'n spoor van uiterste weer en rekordhitte gelaat en versoek die wêreld om af te wyk van die weg na ondergang. Die VN se weer- en klimaatsagentskap, die Wêreld Weerkunde-organisasie, sê hierdie jaar gaan die warmste jaar op rekord wees en sluit 'n dekade van ongekende hitte af. Die VN-hoof Antonio Guterres sê dit is ‘n bewys van klimaat-ineenstorting.
31 Dec 2024 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Gauteng Nuwejaarsbabas: 31 tieners onder 387

Die Gautengse Departement van Gesondheid en Welstand het bevestig onder die 387 babas wat op Nuwejaarsdag gebore is, was daar 31 tieners tussen die ouderdomme van 15 en 19 wat geboorte geskenk het in die onderskeie staatsgesondheidsgeriewe. Die woordvoerder, Motalatale Modiba lig ook uit dat 780 babas tussen Kersfees en…
3 Jan 2AM 1 min

Taxi-operateurs gewaarsku met vakansiegangers wat huis toe kom

Dit het 'n neiging geword, veral in die noordelike dele van die land, dat mense tot op die nippertjie wag om na die vakansie vervoer terug na hul huise te soek. Dit lei dikwels tot openbare vervoer-operateurs wat hul voertuie oorlaai en pryse drasties verhoog, asook aansienlike chaos. Kosmos 94.1…
3 Jan 2AM 1 min

Kommer oor eise van R600m teen SAPD

Die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo, is besorg oor siviele eise van meer as 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand teen die ministerie weens onregmatige arrestasie en aanhouding. Boshielo raai die polisie aan om daarop bedag te wees om die korrekte prosedures te volg wanneer hulle ‘n verdagte in hegtenis neem. Polisiewoordvoerder…
3 Jan 1AM 1 min

Ruimterommel val op Keniaanse dorpie

Die Ruimte-agentskap van Kenia het bevestig 'n metaalvoorwerp van 500 kilogram, wat vermoedelik deel was van 'n vuurpyl se skeidingstadium, het in 'n dorpie in die ooste van Kenia geval. Die agentskap se Aloyce Were sê amptenare het die gedeeltelik verbrande metaalring as ruimterommel uitgeken. Hy het verseker die rommel…
3 Jan 1AM 1 min

Dakar skop vandag af

Die 2025 Dakar begin vandag. Dit is 47ste Dakar en die sesde in Saoedi-Arabië. Die 353 inskrywings sal 7 737 kilometer aflê tot 17 Januarie. Dit is nie net een van die taaiste tydrenne ter wêreld nie maar ook ‘n reuse-logistieke uitdaging. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het met…
2 Jan 11PM 1 min