Dakar skop vandag af

Loading player...
Die 2025 Dakar begin vandag. Dit is 47ste Dakar en die sesde in Saoedi-Arabië. Die 353 inskrywings sal 7 737 kilometer aflê tot 17 Januarie. Dit is nie net een van die taaiste tydrenne ter wêreld nie maar ook ‘n reuse-logistieke uitdaging. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het met plaaslike motorsport entoesias Phillipie Baard gesels. Baard het ‘n paar vinnige feite oor Suid-Afrikaner Brian Baragwaneth van Century Racing se span.
2 Jan 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Amper 7 500 SA-bestuurders oor feestyd gearresteer

‘n Totaal van 7 448 mense is oor feestyd op Suid-Afrikaanse paaie in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, insluitend onder meer dronkbestuur, spoedoortredings en poging tot omkopery. Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, sê tot dusver is meer as 1,1 miljoen voertuie gestop en nagegaan as deel van die feesseisoen-toepassingsplan…
5 Jan 3AM 1 min

Eskom sal 3 760MW môre by netwerk voeg

Eskom sê hy is steeds op koers om in die aanvraag na elektrisiteit te voldoen en 'n bykomende 3 760 megawatt sal na verwagting teen Maandagaand weer aanlyn wees. Die waarnemende woordvoerder, Aubrey Sambo, sê die onbeplande verlies aan kapasiteit is tot dusver op 24,94-persent vir die finansiële jaar, maar…
5 Jan 3AM 1 min

Trekarbeiders bedreig plaaslike geleenthede

Internasionale migrante speel 'n belangrike rol in die wêreldwye arbeidsmark en het 4,7 persent van die arbeidsmag in 2022 uitgemaak, volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie se jongste verslag. Die meerderheid was in hoë-inkomstelande gekonsentreer, wat verantwoordelik was vir 68,4 persent van die totaal van 114,7 miljoen werkers. Plaaslik is trekarbeiders ook…
5 Jan 1AM 1 min

Rampbestuurspanne gereed vir hewige reën

Dit is nie net plaaslik wat goeie reën ontvang is nie. Die Stad Ekurhuleni sê sy rampbestuurspanne bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens hewige reënbuie vir die naweek en volgende week in Gauteng voorspel het. Die woordvoerder, William Ntladi, sê boonop word hoë verkeersvolumes op die paaie…
5 Jan 1AM 1 min

Dakar: Giniel sukkel op eerste dag

Die 2025 Dakar is goed op dreef in Saoedi-Arabië maar die weer sukkel met sandstorms wat toestande uitdagend maak. Dan is daar altyd die voertuie... en die eerste dag van Giniel de Villiers se laaste Dakar het nie goed gegaan nie. Hy het groot uitdagings gehad met sy voertuig soos…
5 Jan 12AM 1 min