Taxi-operateurs gewaarsku met vakansiegangers wat huis toe kom
Loading player...
Dit het 'n neiging geword, veral in die noordelike dele van die land, dat mense tot op die nippertjie wag om na die vakansie vervoer terug na hul huise te soek. Dit lei dikwels tot openbare vervoer-operateurs wat hul voertuie oorlaai en pryse drasties verhoog, asook aansienlike chaos. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Werner Januarie, die president van die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie, wat 'n boodskap het vir operateurs.