Toerisme-lodge in Ramsar-gebied kry teenstand

Loading player...
Environmental Compliance Consultancy het 'n kennisgewing uitgereik oor die voorgestelde konstruksie en bedryf van 'n toerisme-lodge in die Mahango-kerngebied binne die Bwabwata Nasionale Park in die Kavango-Oos-streek. Die aansoek om omgewingsklaring is gedoen in ooreenstemming met die Wet op Omgewingsbestuur en sy regulasies van 2012. Die voorgestelde projek behels die bou van 'n lodge met 10 verblyf-eenhede en ondersteunende infrastruktuur. Die projekterrein is op die westelike oewer van die Kavangorivier, sowat 25 kilometer suid van Divundu. ’n Openbare vergadering sal op 16 Januarie 2025 by Kampion gehou word om die projek en die potensiële omgewings- en maatskaplike impakte daarvan te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura Camp gepraat, wat saam met agt ander applikante dit in die hof gaan betwis.
19 Dec 2024 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Dikeledi steel al ons reën

Die reën blyk om eers weg te wees. ‘n Tropiese sikloon, Dikeledi, ontwikkel oos van Mauritius en trek op die oomblik al Namibië se vog in ‘n oostelike rigting, weg van die land af. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Nashikaku van die weerdiens gepraat.
10 Jan 5AM 1 min

Walters sê oor hof-eis vir nuwe verkiesing

’n Herhaling van verlede jaar se algemene verkiesing kan moontlik die vertroue van die kiesers wat opgedaag het om te stem erodeer, volgens politieke kommentators. Hulle waarsku ook dat die finansiële koste van so 'n oefening astronomies kan wees. Dit kom in die lig van die aansoek van die IPC…
10 Jan 5AM 1 min

Karas se NamPol-hoof sê oor bendegeweld

Die Karas-streek het talle uitdagings waaronder bendebedrywighede in Keetmanshoop. In 2023 was verskeie lede van die Hosh Hosh-bende in aanhouding maar is sedertdien vrygelaat, tot groot kommer van die gemeenskap. In Desember is twee moorde in Keetmanshoop aangeteken, waarvan een bendeverwant was. Dit gons egter op sosiale media oor die…
10 Jan 5AM 1 min

Bloedtekorte duur voort, jy kan môre in Windhoek skenk

Bloedtekorte duur voort en die Bloedoortappingsdiens moedig die publiek aan om bloed te skenk. Daar is môre in die hoofstad tot twee-uur namiddag geleentheid om te skenk soos Frieda Vatileni van die diens verduidelik.
10 Jan 4AM 1 min

PDM lei protes by Nasionale Jeugraad

Die PDM se jeugliga lei tans ‘n protes buite die Nasionale Jeugraad se Windhoek-kantore. Die groep eis ‘n vergadering met die tussentydse voorsitter Beverly Silas, wie hulle nie erken nie. Dit kom na lynminister Agnes Tjongarero ‘n tussentydse raad aangestel het na ‘n nuwe raad reeds verkies was. Kosmos 94.1…
10 Jan 4AM 1 min