Karas se NamPol-hoof sê oor bendegeweld

Loading player...
Die Karas-streek het talle uitdagings waaronder bendebedrywighede in Keetmanshoop. In 2023 was verskeie lede van die Hosh Hosh-bende in aanhouding maar is sedertdien vrygelaat, tot groot kommer van die gemeenskap. In Desember is twee moorde in Keetmanshoop aangeteken, waarvan een bendeverwant was. Dit gons egter op sosiale media oor die moorde en ander misdade, maar kommissaris Marius Katamila, bevelvoerder van die Karas-polisie, sê baie van die bewerings en klagtes is onvanpas. Kosmos 94.1 Nuus het met Katamila gepraat, wat verduidelik.
10 Jan 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Huurpryse sal steeds styg, maar stadiger

Die gemiddelde prys in die plaaslike huurmark het in 2024 tot 7 348 Namibiese dollar gestyg, aangedryf deur 'n styging van 14,7 persent in tweeslaapkamerverhurings, volgens FNB Namibië se huurprysindeks. Terwyl hierdie segment aansienlik gegroei het, het ander, soos drieslaapkamereenhede, skerp verlangsaam, wat bekostigbaarheidsuitdagings weerspieël. Algehele huurgroei het tot 2,7%…
10 Jan 8AM 1 min

Oud-Air Namibia werknemers wend hul na verkose president

Voormalige werknemers van Air Namibia staar steeds beduidende uitdagings in die gesig, insluitend onbetaalde skeidingspakkette en voortgesette werkloosheid. Hulle het in die openbaar 'n beroep op die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om hul lot aan te spreek voordat daar voortgegaan word met planne om die nasionale lugdiens te laat…
10 Jan 8AM 1 min

Gasvryheidsvereniging hoop op meer visumvrye reise

Tydens die onlangse besoek van die Chinese buitelandse sake-minister Wang Yi is verskeie planne aangekondig, onder meer toekomstige visumvrye reise tussen China en Namibië. Volgens president Nangolo Mbumba is Namibië vasbeslote om by die vinnig groeiende en winsgewende Chinese toerismemark in te skakel. Amptenare werk glo reeds daaraan om visumvrye…
10 Jan 8AM 1 min

PEL39 is nie alles vir olie-eksplorasie, sê Namcor

Namcor het nog 'n verklaring vrygestel ná Shell se besluit om eksplorasie op PEL39 te staak. Namcor verduidelik dat die gesamentlike ondernemingsvennote sedert 2022 drie keuringsboorgate en ses verkenningsboorgate regoor die PEL 39-lisensiegebied geboor het. Uitgebreide data wat noemenswaardige koolwaterstofvooruitsigte toon is ingesamel. Probleme soos ultra-diepwater toestande en reservoir kompleksiteit…
10 Jan 8AM 1 min

Durban Super Giants soek vanjaar SA20-titel

Krieket: Die Durban Super Giants hoop om vanjaar een stap beter te doen wanneer hulle SA20-veldtog vandag teen die Pretoria Capitals op die Kingsmead-stadion in Durban begin. Hulle het verlede jaar se eindstryd met 89 lopies teen die Sunrisers Eastern Cape verloor. Kaptein Keshav Maharaj sê hulle het nog ʼn…
10 Jan 7AM 1 min