Meer netbal-fasiliteite is nodig

Loading player...
Netbal Namibië se uittredende president, Rebekka Goagoses, doen 'n beroep op die bou van fasiliteite wat die aanpassing van bestaande ruimtes insluit, na plekke waar netbal gespeel kan word. Sy het ook die belangrikheid daarvan beklemtoon om die sport se groei in Namibië te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Goagoses gesels.
18 Dec 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ontleder lê verkiesingsinspeksie-proses uit

Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die proses met die inspeksie van die verkiesingsmateriaal. Die hof het gelas dat die partye vandag en môre het om al hulle inspeksies te doen. Dit kom na ‘n aansoek deur die IPC en die LPM.
18 Dec 5AM 1 min

Nes plaaslik, kort SA ook nog staatskole

'n Nuwe verslag deur die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, Fedsas, eis vinnige optrede om meer openbare skole te bou, veral in Gauteng en die Wes-Kaap. ʼn Ontleding van data vanaf 2009 tot 2023 toon die uitdagings met dringende opvoedkundige infrastruktuur. Adjunk uitvoerende hoof, Riaan van der Bergh, het…
18 Dec 5AM 1 min

Wenke vir kuberveiligheid

Die land gons steeds oor die kuberaanvalle op Telecom en die gesondheidministerie, en veral oor die persoonlike inligting van sowat 600 000 Telecom-kliënte wat uitgelek het. Dit wek vanselfsprekend kommer oor die veiligheid van inligting wat by instansies soos banke of besighede se stelsels gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het…
18 Dec 5AM 1 min

SAN pleit vir N$13,50 uurlikse minimumloon

Jou sekuriteitskoste gaan in die nuwe jaar styg. Dit kom na die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Sekuriteit Arbeidsforum ‘n ooreenkoms onderteken het vir ‘n minimumloon van 13 dollar 50 per uur, op van 8 dollar 75. Die vereniging sê hy het die aansoek aan die arbeidsministerie gestuur en…
18 Dec 5AM 1 min

EIA-studies: Mufeti sê mense wys net vingers en doen niks

Reaksie word ontvang op ‘n verslag deur die Namibiese Omgewings- en Natuurlewevereniging. Dit wys verskeie skuiwergate in omgewingsimpak studies uit en dui aan dat die proses onvoldoende is, daar nie genoeg oorsig is nie en die wet oortree word deur omgewingspraktisyns. Die vereniging versoek die kommissaris om sy pligte op…
18 Dec 5AM 1 min