EIA-studies: Mufeti sê mense wys net vingers en doen niks

Loading player...
Reaksie word ontvang op ‘n verslag deur die Namibiese Omgewings- en Natuurlewevereniging. Dit wys verskeie skuiwergate in omgewingsimpak studies uit en dui aan dat die proses onvoldoende is, daar nie genoeg oorsig is nie en die wet oortree word deur omgewingspraktisyns. Die vereniging versoek die kommissaris om sy pligte op 'n professionele en deursigtige wyse uit te voer, met die klem op sy rol om die belange van alle Namibiërs te dien. Omgewingskommissaris Timotheus Mufeti het sy reaksie so verwoord.
18 Dec 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Tom Cruise nou VSA Vloot-held

Die Amerikaanse Vloot se hoogste burgerlike verering is toegeken aan die Hollywood-akteur Tom Cruise vir sy uitstaande bydrae tot die Vloot en die Marinierskorps met Top Gun en ander flieks. Die minister verantwoordelik vir die Vloot, Carlos del Toro, het die toekenning vir Uitnemende Openbare Diens aan hom oorhandig. Die…
18 Dec 8AM 1 min

Teenkorrupsie Kommissie slaap nooit

Die Teenkorrupsie Kommissie het tot op hede 817 dossiere na die kantoor van die aanklaer-generaal verwys vir 'n beslissing. Hiervan is 413 sake in strafhowe afgehandel en sommige is op ander maniere opgelos, terwyl ander nog hangende is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josephine Nghituwamata, die kommissie se woordvoerder,…
18 Dec 8AM 1 min

Oekraïense burgerlike trek swaar

Die Verenigde Nasies se kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê burgerlikes in Oekraïne byt die spit af van die verergerende Russiese aanvalle, terwyl ongevalle skerp styg. Verlede maand is 65 burgerlikes dood en 372 gewond in 11 streke, wat dubbel soveel was as die vorige maand. Lisa Doughten…
18 Dec 7AM 1 min

Ontwikkelingsbank se Steytler kry hoë SAOG posisie

Dr. John Steytler, die uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië, is aangestel op die Raad van Trustees van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Ontwikkelingsfinansiering-hulpbronsentrum. Die aanstelling beklemtoon sy leierskap en kundigheid, wat sal bydra tot die sentrum se missie om streeksontwikkeling te ondersteun. Sy ampstermyn sal op 1 Januarie 2025…
18 Dec 7AM 1 min

Ontleder lê verkiesingsinspeksie-proses uit

Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die proses met die inspeksie van die verkiesingsmateriaal. Die hof het gelas dat die partye vandag en môre het om al hulle inspeksies te doen. Dit kom na ‘n aansoek deur die IPC en die LPM.
18 Dec 5AM 1 min