Kommer oor eskalerende konflik in Sirië 

Loading player...
Die Verenigde Nasies se spesiale gesant in Sirië, Geir Pedersen, waarsku die konflik is nie verby nie, selfs na die uitsetting van die voormalige president Bashar al-Assad. Dit volg op voortgesette botsings tussen die Turks-gesteunde Siriese Nasionale Weermag-rebelle en die Koerdies-geleide en Amerikaans-gesteunde Siriese Demokratiese Magte. Pedersen, wat Sirië se nuwe de facto-regeerders, die Hayat Tahrir al-Sham-groep, ontmoet het, het kommer uitgespreek oor berigte van militêre eskalasie, en sê dit kan katastrofies wees:
18 Dec 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Pogings duur voort om pensioen-begunstigdes op te spoor

Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het 229,1 miljoen Namibiese dollar se onopgeëiste pensioenvoordele in 2022 aangemeld. Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds het uitdagings in die gesig gestaar as gevolg van onopspoorbare lede en verouderde begunstigdevorms. Om dit aan te spreek, het die fonds EPIA Finansiële Dienste gestig om administrasie te…
18 Dec 4AM 1 min

Staatsamptenare moet aanspreeklik gehou word

Die Vereniging van Staatsamptenare dring aan op groter aanspreeklikheid nadat die Appèlhof die voormalige minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, beveel het om 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir private sekerheidsdienste terug te betaal. Die hof het beslis die betaling vir dienste van 3,5 miljoen rand deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir…
18 Dec 4AM 1 min

Partye het vandag en môre om verskiesingsmateriaal se bestudeer

Vandag is die eerste dag wat verteenwoordigers van politieke partye stembriewe mag besigtig. Dit kom na ‘n dringende hofaansoek deur beide die IPC en LPM wat saamgevoeg is en verlede week Vrydag aangehoor is. Die Republikeinse Party het by die IPC aangesluit. Partypresident Henk Mudge het met Kosmos 94.1 Nuus…
18 Dec 2AM 1 min

Meer netbal-fasiliteite is nodig

Netbal Namibië se uittredende president, Rebekka Goagoses, doen 'n beroep op die bou van fasiliteite wat die aanpassing van bestaande ruimtes insluit, na plekke waar netbal gespeel kan word. Sy het ook die belangrikheid daarvan beklemtoon om die sport se groei in Namibië te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met…
18 Dec 2AM 1 min