Die Verenigde Nasies se kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê burgerlikes in Oekraïne byt die spit af van die verergerende Russiese aanvalle, terwyl ongevalle skerp styg. Verlede maand is 65 burgerlikes dood en 372 gewond in 11 streke, wat dubbel soveel was as die vorige maand. Lisa Doughten…
Dr. John Steytler, die uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië, is aangestel op die Raad van Trustees van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Ontwikkelingsfinansiering-hulpbronsentrum. Die aanstelling beklemtoon sy leierskap en kundigheid, wat sal bydra tot die sentrum se missie om streeksontwikkeling te ondersteun. Sy ampstermyn sal op 1 Januarie 2025…
Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die proses met die inspeksie van die verkiesingsmateriaal. Die hof het gelas dat die partye vandag en môre het om al hulle inspeksies te doen. Dit kom na ‘n aansoek deur die IPC en die LPM.
'n Nuwe verslag deur die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, Fedsas, eis vinnige optrede om meer openbare skole te bou, veral in Gauteng en die Wes-Kaap. ʼn Ontleding van data vanaf 2009 tot 2023 toon die uitdagings met dringende opvoedkundige infrastruktuur. Adjunk uitvoerende hoof, Riaan van der Bergh, het…
Die land gons steeds oor die kuberaanvalle op Telecom en die gesondheidministerie, en veral oor die persoonlike inligting van sowat 600 000 Telecom-kliënte wat uitgelek het. Dit wek vanselfsprekend kommer oor die veiligheid van inligting wat by instansies soos banke of besighede se stelsels gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.