KZN-regering skenk 36 voertuie aan polisie

Loading player...
Die KwaZulu-Natalse regering het 36 voertuie ter waarde van meer as 14-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die polisie oorhandig om wetstoepassingspogings te versterk. Die skenking vorm deel van voortdurende pogings om die polisie se kapasiteit te verbreed en veiligheid in die provinsie te verbeter. Die premier, Thamsanqa Ntuli, het tydens 'n nuuskonferensie gesê om misdaad te pak is nie net die polisie se verantwoordelikheid nie, maar vereis ook daadwerklike deelname van die gemeenskap.
17 Dec 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Mangione formeel in New York aangekla

ʼn New Yorkse groot jurie het Luigi Mangione aangekla na die moord op UnitedHealthcare se uitvoerende hoof, Brian Thompson. Die 26-jarige Mangione staar elf aanklagte in die gesig, insluitend moord in die eerste graad, en twee van moord in die tweede graad waarvan een as terrorisme beskryf word. Manhattan se…
18 Dec 1AM 1 min

Boereraad: Verminder druk op hulpbronne

Erastus Ngaruka, Agribank se tegniese adviseur oor lewende hawe en weiding, het die kritieke belangrikheid van die landbousektor beklemtoon. Ngaruka het in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus boere aangeraai om hul beeste strategies te bestuur. Gegewe die uitdagende toestande het hy voorgestel boere druk op hul hulpbronne verminder.
18 Dec 1AM 1 min

Pluimvee-bedryf vergader

Die handelsministerie hou vanoggend om nege ‘n konsultasie vergadering met rolspelers in die pluimvee bedryf. Terwyl daar nie veel inligting is oor presies wat alles onder die loep sal kom nie, word daar verwag dat insette oor toelaatbare invoere aangevra sal word. Nuwe produsente het die bedryf betree. Ministeriële-woordvoerder Elijah…
18 Dec 12AM 1 min

Kommer oor eskalerende konflik in Sirië 

Die Verenigde Nasies se spesiale gesant in Sirië, Geir Pedersen, waarsku die konflik is nie verby nie, selfs na die uitsetting van die voormalige president Bashar al-Assad. Dit volg op voortgesette botsings tussen die Turks-gesteunde Siriese Nasionale Weermag-rebelle en die Koerdies-geleide en Amerikaans-gesteunde Siriese Demokratiese Magte. Pedersen, wat Sirië se…
18 Dec 12AM 1 min

Alzheimer Dementia Namibia het goeie vordering gemaak

Met die einde van die jaar in sig het Kosmos 94.1 Nuus opgevang met Berrie Holtzhausen, die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia. Die organisasie maak aansienlike vordering in die noordelike streke, waar mense met demensie dikwels as hekse beskou word. Die organisasie waarsku ook hulle pasiënte oor antipsigotiese behandelings…
18 Dec 12AM 1 min