Alzheimer Dementia Namibia het goeie vordering gemaak

Loading player...
Met die einde van die jaar in sig het Kosmos 94.1 Nuus opgevang met Berrie Holtzhausen, die uitvoerende hoof van Alzheimer Dementia Namibia. Die organisasie maak aansienlike vordering in die noordelike streke, waar mense met demensie dikwels as hekse beskou word. Die organisasie waarsku ook hulle pasiënte oor antipsigotiese behandelings wat demensie kan vererger. Holtzhausen gee meer inligting oor hulle werksaamhede.
18 Dec 12AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Wenke vir kuberveiligheid

Die land gons steeds oor die kuberaanvalle op Telecom en die gesondheidministerie, en veral oor die persoonlike inligting van sowat 600 000 Telecom-kliënte wat uitgelek het. Dit wek vanselfsprekend kommer oor die veiligheid van inligting wat by instansies soos banke of besighede se stelsels gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het…
18 Dec 5AM 1 min

SAN pleit vir N$13,50 uurlikse minimumloon

Jou sekuriteitskoste gaan in die nuwe jaar styg. Dit kom na die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Sekuriteit Arbeidsforum ‘n ooreenkoms onderteken het vir ‘n minimumloon van 13 dollar 50 per uur, op van 8 dollar 75. Die vereniging sê hy het die aansoek aan die arbeidsministerie gestuur en…
18 Dec 5AM 1 min

EIA-studies: Mufeti sê mense wys net vingers en doen niks

Reaksie word ontvang op ‘n verslag deur die Namibiese Omgewings- en Natuurlewevereniging. Dit wys verskeie skuiwergate in omgewingsimpak studies uit en dui aan dat die proses onvoldoende is, daar nie genoeg oorsig is nie en die wet oortree word deur omgewingspraktisyns. Die vereniging versoek die kommissaris om sy pligte op…
18 Dec 5AM 1 min

Pogings duur voort om pensioen-begunstigdes op te spoor

Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het 229,1 miljoen Namibiese dollar se onopgeëiste pensioenvoordele in 2022 aangemeld. Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds het uitdagings in die gesig gestaar as gevolg van onopspoorbare lede en verouderde begunstigdevorms. Om dit aan te spreek, het die fonds EPIA Finansiële Dienste gestig om administrasie te…
18 Dec 4AM 1 min

Staatsamptenare moet aanspreeklik gehou word

Die Vereniging van Staatsamptenare dring aan op groter aanspreeklikheid nadat die Appèlhof die voormalige minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, beveel het om 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir private sekerheidsdienste terug te betaal. Die hof het beslis die betaling vir dienste van 3,5 miljoen rand deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir…
18 Dec 4AM 1 min