BIG, opvoeding nodig teen hongerte
Loading player...
'n Gebrek aan voedsel bly 'n groot uitdaging in Namibië, veral vir kwesbare groepe soos kinders. Inisiatiewe soos 'n basiese inkomstetoelaag is voorgestel as 'n moontlike oplossing om armoede te verlig en voedselsekerheid te verbeter. Die kommer is of so 'n toelaag reg aangewend sal word om te verseker dat honger hokgeslaan word, veral onder kinders wat goeie voeding benodig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië, wat sê mense moet ook geleer word watter kossoorte gesond en voedsaam is.