Bykomende polisie in KZN ontplooi vir feestyd

Loading player...
KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Nthuli, het die feestyd-veiligheidsplan bekendgestel en 656 nuwe polisiebeamptes ontplooi om misdaad te bekamp. Hulle sal op misdaad-brandpunte fokus om veiligheid tydens die vakansie te verseker. Spesiale aandag word ook aan voedselveiligheid geskenk, veral by spazawinkels. Ntuli vra gemeenskappe om met wetstoepassers saam te werk om veiligheid in die provinsie te verseker.
17 Dec 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

So lyk die top-Fifa-toekennings

Die Real Madrid-voorspeler Vinicius Junior is as Fifa se mansspeler van die jaar aangewys op die Fifa Beste Toekennings in Doha. Die Brasiliaan het 24 doele in alle kompetisies aangeteken in die 2023-2024-seisoen. Barcelona se middelveldspeler Aitana Bonmati het die vrouetoekenning ingepalm. Die mans-afrigter van die jaar-toekenning het gegaan aan…
18 Dec 2AM 1 min

Mangione formeel in New York aangekla

ʼn New Yorkse groot jurie het Luigi Mangione aangekla na die moord op UnitedHealthcare se uitvoerende hoof, Brian Thompson. Die 26-jarige Mangione staar elf aanklagte in die gesig, insluitend moord in die eerste graad, en twee van moord in die tweede graad waarvan een as terrorisme beskryf word. Manhattan se…
18 Dec 1AM 1 min

Boereraad: Verminder druk op hulpbronne

Erastus Ngaruka, Agribank se tegniese adviseur oor lewende hawe en weiding, het die kritieke belangrikheid van die landbousektor beklemtoon. Ngaruka het in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus boere aangeraai om hul beeste strategies te bestuur. Gegewe die uitdagende toestande het hy voorgestel boere druk op hul hulpbronne verminder.
18 Dec 1AM 1 min

Pluimvee-bedryf vergader

Die handelsministerie hou vanoggend om nege ‘n konsultasie vergadering met rolspelers in die pluimvee bedryf. Terwyl daar nie veel inligting is oor presies wat alles onder die loep sal kom nie, word daar verwag dat insette oor toelaatbare invoere aangevra sal word. Nuwe produsente het die bedryf betree. Ministeriële-woordvoerder Elijah…
18 Dec 12AM 1 min

Kommer oor eskalerende konflik in Sirië 

Die Verenigde Nasies se spesiale gesant in Sirië, Geir Pedersen, waarsku die konflik is nie verby nie, selfs na die uitsetting van die voormalige president Bashar al-Assad. Dit volg op voortgesette botsings tussen die Turks-gesteunde Siriese Nasionale Weermag-rebelle en die Koerdies-geleide en Amerikaans-gesteunde Siriese Demokratiese Magte. Pedersen, wat Sirië se…
18 Dec 12AM 1 min