Wees waaksaam teen bedrog tydens feestyd

--:--
Met die feestyd op hande, doen die polisie in die noordelike streke 'n beroep op banke, sekuriteitsmaatskappye en die publiek om waaksaam te bly teen bedrog. Owerhede werk ook met banke saam om beskerming te verbeter vir kliënte wat groot bedrae kontant onttrek. NamPol Omusati-bevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, waarsku individue en besighede om nie groot hoeveelhede kontant in die openbaar te dra nie, om die risiko van roof te verminder. Die publiek word daaraan herinner om voorsorgmaatreëls te tref om hulself en hul eiendom in hierdie besige tydperk te beskerm.
25 Nov 10PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Mbumba vra dat stemdag vreedsaam, ordelik afloop

President Nangolo Mbumba sê hy is tevrede met die wyse waarop leiers van politieke partye en Namibiërs in die algemeen hulle tydens die veldtogperiode regdeur die land gedra het. Die klimaat waarin veldtogte gevoer is, is volgens hom ‘n demonstrasie van die krag van die demokratiese basis van die land…
25 Nov 11PM 1 min

Ekonoom sê EU-ontwoudingregulasies sal ons nie raak nie

Volgens Theo Klein, 'n ekonoom by Oxford Economics Africa, maak Namibië se yl woudbedekking dit onwaarskynlik dat die Europese Unie se ontwoudingsregulasies 'n groot uitwerking op uitvoere sal hê. Die regulasies teiken kommoditeite soos vee, soja, rubber, palmolie, hout, kakao en koffie en is daarop gemik om die verkryging van…
25 Nov 11PM 1 min

Beroep op Gr. 12's om 'pens-down-parties' oor te sien

Die nie-regeringsorganisasie World Changers Candidate doen 'n beroep op leerders, veral Graad 12's, om hulle te weerhou van deelname aan sogenaamde pens-down parties. In Junie 2022 is 21 jeugdiges dood by so 'n partytjie by die Enyobeni-kroeg in die Oos-Kaap. Die organisasie het 'n veldtog, SAY NO to Pens Down,…
25 Nov 10PM 1 min

Okahandja-inwoners hou optog oor dienstekwessies

Inwoners van Okahandja het 'n optog gehou om verskeie kwessies in die gemeenskap aan te spreek. Die groep sê hulle gaan nie gaan stem as hulle nie antwoorde kry van die munisipaliteit nie. Een van die inwoners, Anna Fredericks, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en van die kwessies uitgelig.
25 Nov 11AM 1 min

SAPS verwelkom hofuitspraak oor zama-zama's in Stilfontein

Die polisie verwelkom ʼn uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria wat ʼn aansoek van die Society for the Protection of Our Constitution verwerp het om hulp en redding te verskaf aan beweerde onwettige mynwerkers in Stilfontein, Noordwes. Die polisie hou vol geen mynwerkers is vasgekeer nie, terwyl meer as 1…
25 Nov 11AM 1 min