Okahandja-inwoners hou optog oor dienstekwessies

--:--
Inwoners van Okahandja het 'n optog gehou om verskeie kwessies in die gemeenskap aan te spreek. Die groep sê hulle gaan nie gaan stem as hulle nie antwoorde kry van die munisipaliteit nie. Een van die inwoners, Anna Fredericks, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en van die kwessies uitgelig.
25 Nov 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

GRN moenie werk skep nie, moet regte omgewing vir werk skep

Namibië se jeugwerkloosheidsyfer is 43,4 persent, byna drie keer die wêreldgemiddeld, en styg steeds. Dit skep probleme vir jongmense en belemmer ekonomiese groei. Hoë werkloosheid onder die jeug verhoog ook die risiko van sosiale onstabiliteit as gevolg van frustrasie en gebrek aan geleenthede. Die regering raai die jeug graag aan…
26 Nov 12AM 1 min

Boko sê dat globale stelsels Afrika help teen armoede

Afgevaardigdes by die 2024 Afrika Ekonomiese Konferensie in Gaborone, Botswana, vra vir die hervorming van globale finansiële stelsels om Afrika-ekonomieë beter te ondersteun te midde van krisisse. Die geleentheid is georganiseer deur die Afrika Ontwikkelingsbank en is daarop gemik om uitdagings soos ekonomiese wisselvalligheid, klimaatsverandering en konflikte te bespreek. Die…
26 Nov 12AM 1 min

Bid vir vreedsame verkiesings, oordrag van mag

Die One Worship Movement bied vanaand, op die vooraand van die verkiesings, 'n lofprysing- en aanbiddingsaand aan. Die geleentheid sal by Zoopark plaasvind en verskeie kunstenaars gaan optree. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Shirley Magazi van die Christelike Koalisie van Kerke, wat sê die geleentheid is om te…
26 Nov 12AM 1 min

Mbumba vra dat stemdag vreedsaam, ordelik afloop

President Nangolo Mbumba sê hy is tevrede met die wyse waarop leiers van politieke partye en Namibiërs in die algemeen hulle tydens die veldtogperiode regdeur die land gedra het. Die klimaat waarin veldtogte gevoer is, is volgens hom ‘n demonstrasie van die krag van die demokratiese basis van die land…
25 Nov 11PM 1 min

Ekonoom sê EU-ontwoudingregulasies sal ons nie raak nie

Volgens Theo Klein, 'n ekonoom by Oxford Economics Africa, maak Namibië se yl woudbedekking dit onwaarskynlik dat die Europese Unie se ontwoudingsregulasies 'n groot uitwerking op uitvoere sal hê. Die regulasies teiken kommoditeite soos vee, soja, rubber, palmolie, hout, kakao en koffie en is daarop gemik om die verkryging van…
25 Nov 11PM 1 min