Ekonoom sê EU-ontwoudingregulasies sal ons nie raak nie

--:--
Volgens Theo Klein, 'n ekonoom by Oxford Economics Africa, maak Namibië se yl woudbedekking dit onwaarskynlik dat die Europese Unie se ontwoudingsregulasies 'n groot uitwerking op uitvoere sal hê. Die regulasies teiken kommoditeite soos vee, soja, rubber, palmolie, hout, kakao en koffie en is daarop gemik om die verkryging van goedere wat verbind word met grond waar ontwouding plaasgevind het, stop te sit. Klein het die belangrikheid van Namibië se beesvleisuitvoere beklemtoon, waarvan meer as die helfte in die eerste kwartaal van die jaar na die EU gegaan het. Kosmos 94.1 Nuus het met Klein gepraat, wat uitbrei.
25 Nov 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Bejaarde egpaar vermis tydens toer in Kunene

Daar is groot kommer oor ‘n bejaarde egpaar, die 82-jarige Hans Jörg Mettier en sy 81-jarige vrou Erika. Die twee is sedert 23 November vermis na hulle Purros in die verre noordwestelike Kunene-streek verlaat het om noordoos na Opuwo Lodge te reis via die Khumib-rivier in donkerblou Toyota Hilux met…
26 Nov 2AM 1 min

Guterres sê ooreenkoms vir plastiekbestuur is kritiek

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, waarsku dat die wêreld besig is om in plastiekbesoedeling te verdrink. Die vyfde ronde onderhandelings om plastiekbesoedeling te beëindig het die week in Suid-Korea begin. Guterres sê enige ooreenkoms moet oplossings bied vir die lewensiklus van plastiek, maar veral vir enkelgebruik-plastiek, asook…
26 Nov 2AM 1 min

Stilfontein: Elke myner wat uitkom sal gearresteer word

Die polisie in Noordwes onderneem om tydens die voortgesette reddingsoperasie onwettige mynwerkers in hegtenis te neem sodra hulle uit die verlate Stilfontein-myn kom. Die adjunk provinsiale Kommissaris van Polisie, Patrick Asaneng, sê owerhede sal nie met die Zama Zamas onderhandel nie want hulle wil misdadigheid in die streek uitroei. Asaneng…
26 Nov 1AM 1 min

NSX se naamverandering is meer as estetika

Die Namibië Aandelebeurs sal voortaan bekendstaan as die Namibië Sekuriteitsbeurs. Die beurs bestaan sedert 1992 en het destyds begin met een dubbel genoteerde firma. Die beurs het nou altesaam 36 dubbel genoteerde maatskappye en 13 plaaslike genoteerde maatskappye. Kosmos 94.1 Nuus het met Nicholas Kabaso, die hoofuitvoerende beampte van die…
26 Nov 1AM 1 min

GRN moenie werk skep nie, moet regte omgewing vir werk skep

Namibië se jeugwerkloosheidsyfer is 43,4 persent, byna drie keer die wêreldgemiddeld, en styg steeds. Dit skep probleme vir jongmense en belemmer ekonomiese groei. Hoë werkloosheid onder die jeug verhoog ook die risiko van sosiale onstabiliteit as gevolg van frustrasie en gebrek aan geleenthede. Die regering raai die jeug graag aan…
26 Nov 12AM 1 min