Guterres sê ooreenkoms vir plastiekbestuur is kritiek

--:--
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, waarsku dat die wêreld besig is om in plastiekbesoedeling te verdrink. Die vyfde ronde onderhandelings om plastiekbesoedeling te beëindig het die week in Suid-Korea begin. Guterres sê enige ooreenkoms moet oplossings bied vir die lewensiklus van plastiek, maar veral vir enkelgebruik-plastiek, asook afvalbestuur, maatreëls om plastiek uit te faseer en die gebruik van alternatiewe materiaal aan te moedig:
26 Nov 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Belangrikheid van Walvisbaai kan nie oorblekemtoon word nie

Die amptelike 30-jaar herdenking van Walvisbaai se integrasie in Namibië is volgens die dorp se owerheid uitgestel tot Februarie volgende jaar. Die belangrikheid van die dorp vir Namibië se logistiekebedryf kan nie oorbeklemtoon word nie en nou met die olie- en gasbedrywe, ontwikkel die dorp uiters vinnig. Kosmos 94.1 Nuus…
26 Nov 4AM 1 min

We Care hou fondsinsameling vir bejaardes

Die We Care-stigting sal ‘n blikskud fondsinsameling op 6 Desember op Windhoek se straathoeke hou. Lede van die publiek moet aantrek asof hulle 80 is en maatskappye is welkom. Aletta Hough van die stigting het meer.
26 Nov 4AM 1 min

Meer as 4 000 polisie ontplooi vir stemdag

Die Namibiese polisie sal met die Namibiese Verkiesingskommissie saamwerk om te verseker dat die verkiesings 'n sukses is. Meer as 4 000 beamptes word vandag landwyd ontplooi. Lede van die publiek word aangemoedig om hul eie veiligheid in gedagte te hou wanneer hulle stem. Generaal-majoor Elias Mutota, adjunk-inspekteur-generaal vir operasies,…
26 Nov 3AM 1 min

Stilfontein: Sanco veroordeel regering se aanslag

Die burgerregte-organisasie, Sanco, in Noordwes doen ʼn beroep op die regering om die onwettige mynwerkers te red wat nog ondergronds vasgekeer is. Sowat 4 000 onwettige mynwerkers is steeds ondergronds in ʼn ongebruikte skag by die Stilfontein-myn. Meer as 1 000 onwettige mynwerkers het die afgelope weke uitgekom sedert die…
26 Nov 3AM 1 min

Bejaarde egpaar vermis tydens toer in Kunene

Daar is groot kommer oor ‘n bejaarde egpaar, die 82-jarige Hans Jörg Mettier en sy 81-jarige vrou Erika. Die twee is sedert 23 November vermis na hulle Purros in die verre noordwestelike Kunene-streek verlaat het om noordoos na Opuwo Lodge te reis via die Khumib-rivier in donkerblou Toyota Hilux met…
26 Nov 2AM 1 min