Verkiesingskommissie heul met Swapo: Mudge
--:--
Die Republikeinse Party is ontevrede met verskeie kwessies wat die Verkiesingskommissie van Namibië aanbetref. Volgens die party begin die probleme met die maatskappy wat die tender gekry het om die stembriewe te druk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, wat sê die kommissie het so ver gegaan as om dit verpligtend te maak dat die binneagente wat by die stemlokale gaan werk 'n eed van geheimhouding moet teken.