Woord vir Vandag - 18 Nov 2024

Loading player...
“Ek het as lig na die wêreld toe gekom sodat elkeen wat in My glo, nie langer in die duisternis sou bly nie.” Johannes 12:46 NLV

Jesus: die bron van lig (2)

John Ortberg skryf: ‘In 1780 was daar ‘n Jesus-volgeling in Groot Brittanje, genaamd Robert Raikes, wat nie kon verdra dat die siklus van armoede en onkunde ‘n hele generasie van kinders vernietig het nie. Hy het gesê: ‘Die wêreld marsjeer vorentoe op die voete van kinders.’ Dus het hy kinders wat ses dae ‘n week in armoede moes werk, begin leer. Sondae was hul vrye dag. Hy het gesê: ‘Ek gaan ‘n skool wat hulle gratis leer lees, skryf en oor God leer, begin.’ Hy het dit gedoen en dit Sondagskool genoem. Binne vyftig jaar was daar 1,5 miljoen kinders wat deur 160,000 vrywillige onderwysers wat ‘n visie vir die opvoeding van ‘n generasie gehad het, onderrig is. Sondagskool was nie ‘n geprivatiseerde, opsionele program vir kerkkinders nie. Dit was een van die groot opvoedkundige oorwinnings in die wêreld. Die alfabet van die Slawiese mense word Cirillies genoem. Dit is genoem na Sint Cyril, ‘n sendeling wat ontdek het dat die Slawiese mense geen geskrewe alfabet het nie. Dus het hy een vir hulle geskep sodat hulle oor Jesus in hul eie taal kon lees. ‘n Metodistiese sendeling, Frank Laubach, het sowat ‘n eeu gelede ‘n buitengewone ontmoeting met God gehad, wat hom op ‘n missie gestuur het om die wêreld uit onkunde op te hef. Hy het ‘n wêreldwye geletterdheidsbeweging begin. Die leuse: ‘Each one teach one,’ het uit die buitengewone lewe van hierdie man gevloei. Hy het na meer as honderd lande gereis, wat die ontwikkeling van leesboeke in 313 tale tot gevolg gehad het. Hy het as ‘die apostel van die ongeletterdes,’ bekend geword.’
17 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min