Vaardighede moet in land gehou word: Nandi-Ndaitwah

--:--
Die 8ste uitsaai- en digitale mediakonferensie vind in Swakopmund plaas, waar kunsmatige intelligensie se potensiële rol in die uitsaaibedryf ondersoek word. Die tema is "Uitsaai en inhoudpublisering in die KI-geïnfuseerde digitale ekosisteem". Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het in 'n toespraak haar versigtigheid vir die gebruik van kunsmatige intelligensie in die media beklemtoon. Sy het ook die belangrikheid om vaardighede in die land te hou uitgelig.
8 Oct 8AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Verkeer môre uitdagend weens Unam gradeplegtigheid

Unam hou môreoggend sy lente-gradeplegtigheid en verkeer sal 'n uitdaging wees tussen 6 uur en 12. Om opeenhoping te vermy, word motoriste aangemoedig om vir bykomende reistyd te beplan of alternatiewe roetes te oorweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, Unam-woordvoerder, gepraat vir meer insig.
8 Oct 12PM 1 min

Afrika-olieweek hoor energiesekerheid is alles

Afrika-olieweek het vandag in Kaapstad begin, ter viering van energiebelegging op die vasteland oor die afgelope 30-jaar. Die geleentheid spog met paneel-besprekings, aanbiedings en netwerkgeleenthede wat fokus op olie, gas en toekomstige brandstof. Suid-Afrika se minister van Minerale Bronne, Gwede Mantashe, beklemtoon die belangrikheid van energiesekerheid vir Afrika se toekoms,…
8 Oct 12PM 1 min

Brandslagoffers moet sielsondersoek doen: Nandi-Ndaitwah

Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het slagoffers van die brand in Otweya in Walvisbaai besoek. Sy het in Kuisebmond 190 kospakkies geskenk aan die 190 huishoudings wat deur Vrydag se brand geraak is. Nandi-Ndaitwah bevraagteken hoekom die brande so algemeen in Walvisbaai voorkom en sê die gemeenskappe moet sielsondersoek daaroor doen.
8 Oct 11AM 1 min

Moord op 6 patrolleerders verregaande, hartseer, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa het die moord op ses gemeenskaps-patrolleerders in Qumbu in die Oos-Kaap as hartseer en verregaande beskryf. Die moord volg ʼn week na die massaslagting in Lusikisiki. Die patrolleerders was volgens berigte Sondagaand besig om gereed te maak vir diens toe onbekende, gewapende mans op hulle losgebrand het…
8 Oct 11AM 1 min

Otjomuise Lewende Kunstefees fokus op dans, gemeenskap

Die Otjomuise Lewende Kunstefees, Olaf, keer hierdie week terug met 'n fokus op dans en gemeenskap. Die vierdaagse fees duur van Woensdag tot Saterdag en bied dansdemonstrasies, werkswinkels en interaktiewe installasies aan. Dit bereik sy hoogtepunt met 'n dans-oorlog, 'n kompetisie wat oop is vir die publiek. Die fees het…
8 Oct 10AM 1 min