Otjomuise Lewende Kunstefees fokus op dans, gemeenskap
Loading player...
Die Otjomuise Lewende Kunstefees, Olaf, keer hierdie week terug met 'n fokus op dans en gemeenskap. Die vierdaagse fees duur van Woensdag tot Saterdag en bied dansdemonstrasies, werkswinkels en interaktiewe installasies aan. Dit bereik sy hoogtepunt met 'n dans-oorlog, 'n kompetisie wat oop is vir die publiek. Die fees het ten doel om gemeenskaplikheid te vier en te kweek deur die bewegingskuns van dans. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Desiree Mentor, die fees se skakelbeampte, oor die belangrikheid van kulturele geleenthede.