Brandslagoffers moet sielsondersoek doen: Nandi-Ndaitwah

Loading player...
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het slagoffers van die brand in Otweya in Walvisbaai besoek. Sy het in Kuisebmond 190 kospakkies geskenk aan die 190 huishoudings wat deur Vrydag se brand geraak is. Nandi-Ndaitwah bevraagteken hoekom die brande so algemeen in Walvisbaai voorkom en sê die gemeenskappe moet sielsondersoek daaroor doen.
8 Oct 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Oshana-streek wag reikhalsend op reën

Volgens die jongste klimaatverslag van die Namibië Meteorologiese Diens is aansienlike reënval in November meestal oor die noord-oostelike dele van die land aangemeld. Gemiddelde tot ondergemiddelde reënval is oor die Kunene-, Oshana-, Oshikoto-, Otjozondjupa-, Khomas-, Omaheke- en Hardap-streke aangeteken. ’n Boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato,…
22 Dec 12AM 1 min

Blinken kondig N$4,2-miljard hulppakket vir Soedan aan

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het 'n hulppakket ter waarde van 4,2-miljard Namibiese dollar aan die konflikgeteisterde Soedan aangekondig. Dit sluit 3,6-miljard-rand in vir humanitêre hulpverlening en 550-miljoen-rand om Soedan se demokratiese oorgang te ondersteun. Blinken het ter afsluiting van sy vier-jaar ampstermyn gesê dit bring Amerika…
22 Dec 12AM 1 min

Onthou die behoeftiges in die feestyd

Terwyl die feesseisoen ontvou, deel verskillende amptenare opregte boodskappe van welwillendheid. Tarah Shanyefu, Ongwediva-burgemeester, die belangrikheid daarvan beklemtoon om die minderbevoorregtes te onthou gedurende hierdie tyd van feesviering. Hy het 'n beroep op die gemeenskap gedoen om liefde te versprei en vriendelikheid te betoon aan behoeftiges, om te verseker dat…
21 Dec 11PM 1 min

Kom, reën, of mielies moet weer ingevoer word

Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon 'n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter…
21 Dec 5AM 1 min

DA tevrede met BELA-wet onderhandelinge

DA-leier John Steenhuizen sê die onderhandelings in die regering van nasionale eenheid wat dit moontlik maak vir die BELA-wet om ingestel te word, is 'n wen-wen skikking, sonder dat bestaande grondwetlike regte tot moedertaalonderrig ondermyn word. DA-woordvoeder Willie Aucamp sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube moet norme, standaarde…
21 Dec 5AM 1 min