Israel herdenk een jaar onder druk om gevangenes terug te bring

--:--
Gedenkgeleenthede is Maandag regoor Israel gehou op die een-jaar herdenking van Hamas se aanval op die land. Een daarvan was by die Nova-musiekfeesterrein, waar 364 mense doodgemaak is. Israeliese president Isaac Herzog het by die geleentheid gesê die area sal herbou word, en eendag gaan kinders weer gelukkig daar speel. Hy het bygevoeg dat almal wat op 7 Oktober vermoor is, se herinneringe in die harte van die nasie gegraveer is. Udi Goren, wie se neef deur Hamas ontvoer is en later gesterf het, het aan die BBC gesê nie genoeg word gedoen om die gyselaars terug te bring nie.
7 Oct 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Ministerie sleep sy voete met stadion-opknapping

Die sportministerie is steeds besig met nog ‘n ronde van konsultasies vir die opknapping van die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad. Die kontrakteur moes reeds in April vanjaar met werk begin het. Die Tender Bulletin berig dat die opknapping eers 200 miljoen Namibiese dollar sou kos maar die kostes is opgestoot…
8 Oct 2AM 1 min

Ramaphosa spreek medelye uit met bootramp by Kivu

President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel betuig met die mense en regering van die Demokratiese Republiek die Kongo na ʼn tragiese bootongeluk op die Meer Kivu. Presidensie-woordvoerder, Vincent Magwenya, sê nagenoeg 80 mense het hulle lewens verloor met byna 200 wat steeds vermis word nadat die vaartuig verlede week gesink…
8 Oct 1AM 1 min

Alle oë op Nobelraad – Fisika-toekenning vandag

Afwagting bou op met die Nobelprys vir Fisika wat vandag bekend gemaak word. Na die toekenning vir Fisiologie of Medisyne aan die Amerikaanse wetenskaplikes, Victor Ambros en Gary Ruvkun, vir hulle ontdekking van mikroRNS, is alle oë nou op die gesogte prys vir fisika. Die sekretaris-generaal van die Nobelraad, Thomas…
8 Oct 1AM 1 min

Landwye poging nodig om misdaad teen toeriste te bekamp

Reaksie word ontvang op toeriste wat weer die slagoffers van misdadigers was, toe 'n groep in Meersig in Walvisbaai beroof is. Een van die verdagtes is vasgetrek met die gehuurde rooi Volkswagen Polo waarin hulle van die toneel gevlug het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende…
8 Oct 12AM 1 min