Alle oë op Nobelraad – Fisika-toekenning vandag

--:--
Afwagting bou op met die Nobelprys vir Fisika wat vandag bekend gemaak word. Na die toekenning vir Fisiologie of Medisyne aan die Amerikaanse wetenskaplikes, Victor Ambros en Gary Ruvkun, vir hulle ontdekking van mikroRNS, is alle oë nou op die gesogte prys vir fisika. Die sekretaris-generaal van die Nobelraad, Thomas Perlmann, sê dit verteenwoordig die volgende fase van Nobelweek waar wêreldveranderende ontdekkings in verskeie dissiplines erkenning kry:
8 Oct 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Uutoni gee jongste oor behuisingsprojekte

Die Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Erastus Uutoni, het 'n vertroudheidsbesoek aan die massa-behuising ontwikkelingsprojek in Otjomuise onderneem. Uutoni het in sy toespraak gesê die projek is vertraag weens 'n voortslepende hofsaak, maar is nou weer op dreef. Hy het 'n opdatering gegee van die huise wat regoor die…
8 Oct 6AM 1 min

Vier leerders in Soweto dood na spazawinkel-kos

Die polisie ondersoek die dood van vier leerders wat die afgelope naweek in Soweto vermoedelik aan voedselvergiftiging dood is. Drie leerders tussen sewe en nege jaar oud van Karabo Primary School is dood nadat hulle kos geëet het wat vermoedelik gif in gehad het. ʼn Vyfde leerder wat in graad…
8 Oct 6AM 1 min

Lifeline sê oor hemelhoë selfmoordsyfer

Die hoë selfmoordsyfer in Namibië wek al lank kommer, en NamPol se naweekmisdaadverslag het ses selfmoorde aangeteken. Volgens plaaslike media word daar gemiddeld een selfmoord per dag in Namibië gepleeg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shamyn Louw, die koördineerder van die beradingsentrum Lifeline Childline. Sy sê dat sogenaamde "einde-van-die-jaar…
8 Oct 6AM 1 min

Muller sê oor die verkoop van die renosters aan die VSA

Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief met Jaco Muller van Kifaru Luxury Lodge and Bush Camp, en die Rhino Momma-projek gepraat oor die verkoop van 40 renosters aan kopers in Texas in die VSA. Texas is uiters geskik vir die hervestiging van veral Namibiese fauna omdat die gebied soortgelyk is aan…
8 Oct 6AM 1 min